Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Sluit vryheidstryd by leerplan in, vra Mbeki-stigting
Oudpres. Thabo Mbeki tydens die nuuskonferensie waar Max Boqwana, uitvoerende hoof van die Thabo Mbeki-stigting, gesê het hulle onderhandel met die departement van basiese onderwys om volumes wat dié stigting oor die geskiedenis van die vryheidstryd skryf, in die leerplan van skole in te sluit. Foto:Claudi Mailovich

Die Thabo Mbeki-stigting onderhandel met die departement van onderwys om die volumes wat dié stigting oor die geskiedenis van die vryheidstryd skryf, in die geskiedenisleerplan van skole in te sluit.

Max Boqwana, uitvoerende hoof van die stigting, het Maandag op ’n nuuskonferensie by die stigting se kantoor in Johannesburg onthul dat dit deel is van die plan met die volumes.

Die doel met die volumes, waarvan sewe reeds voltooi is, is volgens Boqwana om die geskiedenis van die vryheidstryd van 1960 tot 1996 op te teken soos dit binne en buite Suid-Afrika plaasgevind het.

Die werk word deur die stigting se program die South African Democracy Education Trust gedoen en vind in samewerking met Unisa plaas.

Hierdie materiaal gaan kritiek wees om ons te help om as ’n land vorentoe te beweeg in terme van hoe ons ons eie geskiedenis verstaan soos dit deur ons self geskryf word.

“Hierdie materiaal gaan kritiek wees om ons te help om as ’n land vorentoe te beweeg in terme van hoe ons ons eie geskiedenis verstaan soos dit deur ons self geskryf word,” het Boqwana gesê.

Die volume wat volgende gepubliseer word, is oor die geskiedenis van die studenteopstande en sal teen Junie klaar wees.

Dit fokus op die 1976-studenteopstande en sal deel van die 40ste herdenking daarvan vanjaar wees.

Volgens Boqwana sal hulle eers in Junie met die bekendstelling van die volume oor studentebetogings kan sê hoe ver die onderhandelings met die departement is.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê hy is nie spesifiek bewus van onderhandelings met die Thabo Mbeki-stigting nie, maar dat dit moontlik is dat dit deur die taakspan plaasvind wat kyk na geskiedenis in Suid-Afrikaanse skole.

Die taakspan is saamgestel om navorsing te doen en om met mense te praat oor die hersiening van die geskiedenis nadat Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, gesê het sy wil hê geskiedenis moet ’n verpligte vak wees.

Meer oor:  Thabo Mbeki
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.