Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Só gaan res van leerlinge terug skool toe

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Dinsdag nuwe regulasies vir die terugkeer van die oorblywende leerlinge na skole in die Staatskoerant gepubliseer.

Leerlinge in gr. R, gr. 6 en gr. 11 was Maandag weer op die skoolbanke, terwyl leerlinge in gr. 7 en matrieks reeds ’n maand gelede teruggekeer het.

Die gefaseerde terugkeer van leerlinge en onderwysers is soos volg:

• 20 Julie:

Gr. 3 en gr. 10

Vaardigheidskole: jaar drie;

Skole vir leerlinge met ernstige intellektuele gestremdhede (SID): gr. R en gr. 3 en finale jaar (beroepsgerig);

Skole met leerlinge met ernstige en diepgaande intellektuele gestremdhede (LSPID): jaar drie; en

Skole met outistiese leerlinge: finale jaar (18 jaar en ouer).

• 27 Julie:

Gr. 1 en gr. 2

Vaardigheidskole: jaar twee;

Skole vir leerlinge met SID: gr. 1 en gr. 2;

Skole met LSPID: jaar een en twee, en;

Skole met outistiese leerlinge: junior groep (jonger as 13 jaar).

• 17 Augustus:

Gr. 4 en gr. 9

Jaar een in vaardigheidskole en skole met outistiese leerlinge: senior groep (13 jaar en ouer).

• 31 Augustus:

Gr. 5 en gr. 8

Skole vir leerlinge met SID: gr. 4 en gr. 5.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.