Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
So lyk regulasies vir heropening van skole

Wysigings aan die rampbestuurregulasies vir die heropening van skole en maatreëls om die verspreiding van Covid-19 te bekamp, is Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer.

Dit sluit in dat ’n departementshoof alle billike pogings moet aanwend om toe te sien dat leerlinge met spesiale behoeftes wat nie na die skool terugkeer nie, toegang tot onderrig- en leermateriaal het en die nodige ondersteuning kry. Die verskaffing van onderrigtoestelle, selfs al word dit uitgeleen, om tuis te kan gebruik en die aanbied van terapeutiese dienste word ook uitgelig.

’n Ouer of voog van so ’n leerling moet ’n vorm indien vir vrystelling van verpligte skoolbywoning, hetsy gedeeltelik of volledig, en die nodige leermateriaal, toerusting of dienste aanvra. Hulle moet ook toesien dat dit aan die skool terugbesorg word, waar van toepassing.

Koshuise wat nie aan die Covid-19-regulasies voldoen nie, sal gesluit word totdat dit ingestel is en geen leerling sal op die perseel toegelaat word nie.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys. Foto: Felix Dlangamandla

Die hoof, voorsitter van die beheerliggaam of skoolraad moet so gou moontlik die ouers of voogde van die leerlinge in kennis stel van die sluiting, vra om hulle te kom haal en reëlings te tref om leermateriaal te voorsien.

Koshuise met meer leerlinge as wat binne die vereistes vir die handhawing van ’n veilige afstand toegelaat word, hoef nie heeltemal te sluit nie, solank daar voorsiening vir alternatiewe verblyf gemaak word wat aan die vereistes voldoen.

“Waar ’n koshuis nie alternatiewe verblyf kan bied nie, moet die provinsiale departement bystand lewer met bykomende infrastruktuurkapasiteit om in die behoefte aan verblyf te voorsien.”

Dit geld die koshuise van alle staatskole, insluitend skole vir leerlinge met spesiale behoeftes, luidens die regulasies.

Skole met genoeg geriewe om aan die gesondheidsvereistes te voldoen, hoef nie hul gewone tydroosters te verander nie.

Verder mag ’n skool met genoeg geriewe ook meer as 50 leerlinge, werknemers en ouers akkommodeer, maar slegs vir opvoedkundige doeleindes en binne die Covid-19-maatreëls.

Die gewysigde regulasies is van Dinsdag van krag.

Waar ’n koshuis nie alternatiewe verblyf kan bied nie, moet die provinsiale departement bystand lewer met bykomende infrastruktuurkapasiteit om in die behoefte aan verblyf te voorsien.

Meer oor:  Koronavirus  |  Regulasies  |  Angie Motshekga  |  Covid-19  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.