Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Solidariteit, geskorste onnie praat Dinsdag oor planne

Die vakbond Solidariteit kondig Dinsdag in Centurion aan watter regstappe hy gaan instel om die “onregmatige skorsing” van ’n onderwyseres van Schweizer-Reneke op te hef.

Dit sal gedoen word op ’n mediakonferensie waar Elana Barkhuizen, die geskorste onderwyseres, ook sal wees.

Volgens ’n verklaring van Solidariteit sal hy ook bekend maak wat hy beoog om te doen ná die optrede van Sello Lehari, LUR vir onderwys in Noordwes.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê Lehari se oorhaastige, populistiese optrede het daartoe gelei dat Barkhuizen onregmatig en onskuldig geskors is.

Hermann sê as Lehari die ander kant van die saak gehoor het, sou hy tot ’n ander gevolgtrekking gekom het.

“Hy het haar egter in boendoehofstyl voor ’n opgesweepte massa aangekla en skuldig bevind,” sê Hermann.

Solidariteit gaan ook Dinsdag regstappe aankondig teen die politieke partye wat die voorval misbruik het.

Barkhuizen sal glo net ’n kort verklaring in Afrikaans voorlees en sal nie vrae beantwoord of onderhoude toestaan nie.

Die mediakonferensie sal in Engels gehou word en ’n Engelse weergawe van Barkhuizen se verklaring sal beskikbaar wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.