Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Solidariteit se Akademia kry nuwe kampus van R1,5 mjd.

’n Nuwe kampus ter waarde van minstens R1,5 miljard vir Akademia, die Solidariteit Beweging se private hoëronderwysinstelling, tel onder die inisiatiewe wat Donderdag op dié beweging se Toekomsberaad in Pretoria aangekondig sal word.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, sê die grond vir die kampus is reeds gekoop en daar word nog daaraan gewerk om die nodige toestemming te kry sodat die bouwerk kan begin.

Studente sal na verwagting in 2021 op ’n tydelike kampus begin klasloop. Die nuwe kampus sal 6 000 studente kan huisves en voorsiening sal gemaak word vir koshuise, sportvelde en geriewe vir studentelewe.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging. Foto: Lisa Hnatowicz

Die planne met Akademia is deel van die Solidariteit Beweging se 2030-blyplan waarmee hy “weer ’n tuiste vir die Afrikanerkultuur en die Afrikaanse taalgemeenskap” wil skep “waarin hulle vry, veilig en voorspoedig kan wees”.

Dit volg ook kort ná die herrie oor Sol-Tech, Solidariteit se tegniese kollege. Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, was omgekrap oor die planne vir ’n nuwe kampus en koshuise vir Sol-Tech omdat dit volgens hom onaanvaarbaar is dat ’n Afrikaanse “universiteit” in die land opgerig word.

Volgens Hermann moet Solidariteit mense deur sulke projekte hoop gee. Volgens hom doen dié beweging niks vreemd nie. “Ons doen wat ons moet.”

Daar sal ook op die beraad gekyk word na planne vir Bo-Karoo-opleiding, Solidariteit se nuutste instelling vir bou-opleiding en ander vaardigheidskursusse. Aansienlike uitbreidings word beplan wat teen 2020 opleiding in siviele konstruksie asook vir voornemende elektrisiëns en loodgieters sal bied. Daar word ’n koshuis vir Bo-Karoo gebou en kamers vir 28 studente behoort volgende jaar beskikbaar te wees.

Volgens Hermann wil almal altyd weet waar die geld vir byvoorbeeld die nuwe Akademia-kampus vandaan kom. “Die bedryfskoste van dié instellings word deur ledegeld, die klein bydraes van baie mense, studentegeld, skenkings en bemakings gefinansier.

“Die eiendomsontwikkeling sal deur ons nuwe eiendomsontwikkelingsmaatskappy, Kanton, onderneem word,” sê Hermann. “Kanton se bestaansrede is om lewensruimtes vir Afrikaans te bou. Die manier waarop dit gedoen word is ’n vennootskap tussen kultuur en kapitaal. Dit bied aan beleggers ’n goeie finansiële en kulturele opbrengs.”

Meer oor:  Solidariteit  |  Akademia  |  Dirk Hermann
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.