Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Solidariteit soek oplossings vir kampusgeweld

’n Oplossingsvergadering word Dinsdag deur die vakbond Solidariteit in Bloemfontein gehou om die toenemende geweld en ontwrigting op kampusse te bespreek.

Luidens ’n verklaring van die vakbond kry hy al hoe meer navrae van mense wat bekommerd is oor die situasie op talle kampusse landswyd.

Hy word oorval met navrae van bekommerde ouers, studente en kampuspersoneellede.

“Om hierdie probleme aan te pak, gaan Solidariteit ’n oplossingsvergadering in Bloemfontein hou om insette te verkry en met daadwerklike oplossings na vore te kom.” Solidariteit sal hiertydens ook sy voorstelle vir oplossings bekend maak.

Die vergadering is Dinsdag om 18:00 by die NG gemeente Heuwelkruin in die stad.

Dr. Dirk Hermann, Solidariteit se bestuurshoof, sal die vergadering fasiliteer.

Meer oor:  Solidariteit  |  Bloemfontein  |  Kampusse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.