Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Sonop-koshuis ook nie welkom by Sêr-kompetisie

Die Sonop-koshuis, 'n private koshuis aan die Universiteit van Pretoria (UP), mag ook nie meer aan die Acapella-sangkompetisie deelneem nie.

Die kompetisie, wat ook as die Sêr-kompetisie bekendstaan, het reeds begin – 21 groepe, waaronder koshuise, daghuise en fakulteit-huise neem deel.

Die eindronde is op 9 Augustus.

Rikus Delport, woordvoerder van die universiteit, sê Sonop wat ’n privaat koshuis is, is van die begin van die jaar nie meer by die Universiteit van Pretoria geaffilieer nie.

Hulle wou as ’n groep onder die naam Blossoms Delight deelneem.

Die Studente Kultuurkomitee (Stuku) bestaan net uit studente, waaronder studenteraadslede. Hulle organiseer en bestuur die kompetisie en stel sekere vereistes aan die deelnemende groepe.

“Die komitee het bevind dat die groep nie aan sekere transformasie vereistes voldoen nie. Hulle het nie genoeg studente van ander rasgroepe nie. Die tema en ondertone van die musiekkeuse was ook nie aanvaarbaar nie,” sê Delport.

Vroeër vanjaar is Sonop deur dié universiteit verbied om aan die meeste aktiwiteite van die universiteit deel te neem omdat hy nie “genoegsaam getransformeer” het nie.

Delport het toe gesê in die volgehoue proses om diversifikasie by die instelling te bevorder, is besluit dat Sonop nie aan aktiwiteite soos InSync (’n sang-en-dansuitvoering) en jool kan deelneem nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.