Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Sowat 14 000 het nog nie plek in Gauteng-skole

Sowat 14 000 leerlinge in Gauteng kon nog glad nie met hul skooljaar begin nie omdat daar nie plek vir hulle in skole is nie.

Steve Mabona, woordvoerder van die onderwysdepartement in dié provinsie, het Vrydag bevestig net 2 000 leerlinge kon sedert Woensdag geholpe raak nadat die skooljaar begin het met 16 000 leerlinge sonder ’n plasing.

Netwerk24 het Woensdag berig ouers staan in lang toue buite die departement se distrikskantore om toelatingsprobleme uit te stryk.

Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng. Foto: Lucky Morajane

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Dinsdag gesê van die 282 823 aanlyn aansoeke wat die departement verlede jaar ontvang het, het 16 210 aansoekers nie op aanbiedinge gereageer nie.

“Ons moes hul kinders op die reserwelys plaas en mense wat laat aansoek gedoen het, in hul plek plaas. Hulle het gekwalifiseer, maar het nie dokumente ingedien nie.”

Volgens Lesufi het hierdie 5,7% van dié aansoekers die reg verbeur om by die skool van hul keuse geplaas te word hoewel hulle betyds aansoek gedoen het.

Ouers kan tot 31 Januarie distrikskantore in die provinsie besoek vir hulp om hul kinders is skole te plaas.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het vandeesweek sy kommer uitgespreek oor die aanlyn aansoekstelsel.

Luidens ’n verklaring is dit ’n probleem omdat baie ouers ongeletterd is en dus nie dié stelsel kan gebruik nie. Boonop het baie ouers nie toegang tot die internet om aansoek te doen vir ’n plek vir hul kinders nie.

Sekere skole moet nou leerlinge inneem en dié skole kan nie in hul taal- en vakbehoeftes voldoen nie.

Verder het die SAOU gesê die departement moet dringend meer skole bou om die duisende leerlinge wat jaarliks na Gauteng stroom te akkommodeer.

Prof. Elda de Waal, onderwyskenner aan die Noordwes-Universiteit se Edu-H-Right-navorsingseenheid, het vroeër gesê skole wat goed beplan het, word benadeel omdat hulle nou moet plek maak vir groepe leerlinge wat nie elders plek in skole kon kry nie.

“Sekere skole moet nou leerlinge inneem en dié skole kan nie in hul taal- en vakbehoeftes voldoen nie. Die departement meen die skole wat goed beplan het, sal ter wille van die leerlinge ’n plan maak.”

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Steve Mabona  |  Gauteng  |  Onderwys  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.