Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Spogskool sit nou sonder tablette óf handboeke

Die gr. 7’s van Menzi Primary School in Ekurhuleni wie se tabletrekenaars verlede maand gesteel is, sit steeds sonder tablette óf handboeke.

Die opgeknapte skool, wat op 9 Januarie sy deure geopen het, is toegerus met miljoene rande se elektroniese toerusting. Maar ses dae later het gewapende rowers die skool aangeval en onder meer die 145 gr. 7’s se tablette gesteel. Die kinders het nie handboeke gekry nie omdat elektroniese handboeke op die tablette gelaai was. Nou het hulle niks.

Dis asof ons ’n kar het, maar die petrol is gesteel, sê Ndumiso Mnguni, skoolhoof.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het by navraag beweer die departement hét vir die skool handboeke gaan aflaai. Die skool gaan sonder onderbreking voort, lui sy geskrewe antwoord aan Rapport.

Maar Mnguni het Vrydagmiddag wéér bevestig dat hulle nog niks gekry het nie. Die klasse gaan sonder handboeke voort, het hy gesê.

Kapt. Kay Makhubela, ’n polisiewoordvoerder, het gesê vier mans tussen 23 en 38 jaar oud is op 18 Januarie in hegtenis geneem op aanklagte van roof en die besit van gesteelde goedere nadat 22 van die gesteelde tabletrekenaars en drie skootrekenaars in hul besit kry is. “Die ondersoek duur voort, ons is op soek na die res.”

Meer oor:  Steve Mabona  |  Diefstal  |  Menzi Primary School
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.