Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Stappe kom teen onderwysers wat seksvoorligting weier

Onderwysers wat weier om seksvoorligting in klaskamers aan te bied sal dissiplinêr vervolg word.

Dit was Donderdag Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se skriftelike reaksie op ’n parlementêre vraag van die DA-parlementslid Nomsa Marchesi.

Marchesi wou weet watter gevolge onderwysers sou dra indien hulle weier om op grond van morele en geloofsoortuigings seksonderrig aan te bied.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, sê die reël geld in die algemeen vir alle onderwysers.

“Enige onderwyser in enige module wat weier om sy of haar werk te doen sal dissiplinêr vervolg word,” sê Mhlanga.

Paul Colditz, voorsitter van die federasie van beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole (Fedsas), stem nie saam met die minister se uitlatings nie. “Sy het dit nie deurdink nie,” sê hy.

Colditz verwys na art. 15 van die Grondwet wat voorsiening maak vir die reg op vryheid van godsdiens, geloof en opinie. “Met ander woorde, indien die onderwyser aanstoot vind, is hy of sy heeltemal daarop geregtig om dit nie te doen nie,” sê hy.

Colditz sê art. 6A van die Skolewet moet ook geld. “Die Skolewet omskryf duidelik dat die minister nie die inhoud van kurrikulums bepaal nie, maar wel die uitkomste daarvan. In kort, die minister verwag dat ’n gr. 1-leerling moet weet dat een en een is twee. Hoe die leerling daarby uitkom, is die onderwyser se verantwoordelikheid,” sê hy.

Basil Manuel, uitvoerende direkteur van die onderwysersvakbond Naptosa, sê die vakbond se standpunt oor seksvoorligting bly steeds dieselfde. “Naptosa ondersteun die idee van seksvoorligting vir redes soos tienerswangerskappe en MIV en vigs,” sê hy.

“Ons ondersteun egter nie die minister se plan om onderwysers te dreig nie.”

Meer oor:  Paul Colditz  |  Angie Motshekga  |  Seksvoorligting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.