Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Sterkte met die eksamen, sê minister en Nataniël

“Ek kon nie wag om ná die laaste skooldag koers te kry nie,” het die vermaaklikheidskunstenaar Nataniël Donderdag in ’n spesiale boodskap aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se matrieks gesê.

In tipiese Nataniël-styl is die boodskap vol humor en lewenswyshede. Hy vertel aan die matrieks hoe hy gretig was om die skool te verlaat, maar dat hy nie geweet het hy sal die res van sy lewe die skool, en selfs die slegste dae, onthou nie.

“Dit was toe nie die slimstes wat die grootste sukses behaal het nie en dit was nie voorbeeldiges wat die rykstes geword het nie. Bitter min se lewe het hulle geneem waarheen hulle oorspronklik op pad was.

“Dit is steeds die grootste les van my lewe, jy kan planne maak soos jy wil, jy kan vasskop soos jy wil, maar as jy luister na jou binneste, na jou talente, na die boodskappe wat die lewe vir jou gee, gaan jy nie noodwendig beland waar jou familie, vriende of samelewing jou wil hê nie.

“Hierdie skool sal jou bybly.”

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het die matrieks van 2020 ook voorspoed toegewens vir hulle matriekeindeksamen wat in November begin.

Motshekga het ’n video op Twitter geplaas en herinner vanjaar se matrikulante daaraan dat hulle in buitengewone omstandighede matriek gaan skryf.

“Maar alles is gedoen om te verseker dat eksamensentrums veilig is. Wees gefokus, doen hersiening en maak gereed. Voorspoed, ek weet julle kan dit maak.”

Vanjaar se eindeksamen sal deur 1 058 699 matrikulante afgelê word, die meeste nog.

“Ons het nog nooit soveel in die eindeksamen gehad nie. Dit gaan ’n groot taak wees, een wat ons reg moet bestuur en vlot moet koördineer.”

Vanjaar se matriekeindeksamen begin op 5 November, met die eerste Engels-vraestel.

Die eksamen loop op 15 Desember ten einde.

* Leerlinge word aangemoedig om die Woza Matric-hulpdiens te gebruik. Dié program help hulle met studiemateriaal en tegnieke en word op SABC 3, kanaal 122 op Open View, DStv Catch Up, aanlynplatforms en radio uitgesaai.


Meer oor:  Nataniël  |  Matriekeksamen  |  Matrieks  |  Angie Motshekga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.