Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Steyn-beeld moet bly,’ maar UV wil appelleer

’n Appèlkomitee van die Vrystaatse Erfenishulpbronagentskap het beswaarmakers teen die skuif van die beeld van pres. M.T. Steyn van die Bloemfonteinse kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) gelyk gegee.

Die studente Tryphine Tladi (20) en Tokologo Mohlongo (18) neem ’n foto met die beeld in die agtergrond. Foto: Mlungisi Louw

Dit beteken dat die UV nou opdrag gekry het dat die beeld op die kampus moet bly, maar die universiteit het aangedui dat hy hierteen gaan appelleer.

Netwerk24 het vasgestel dat die UV ’n appèl gaan rig aan die Vrystaatse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, Maki Mahasa, omdat die universiteit nie tevrede is met die beslissing van die appèlkomitee nie.

Lacea Loader, woordvoerder van die UV, sê die saak word volgens neergelegde prosedures en met die relevante owerhede soos die Vrystaatse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning gehanteer.

Volgens ’n skrywe van dié departement aan betrokkenes het die appèlkomitee van die hulpbronagentskap drie keer vergader om besware te bespreek teen die uitreiking van ’n permit vir die aftakeling, verskuiwing en bewaring van die beeld.

’n Permit was reeds hiervoor uitgereik, en beswaarmakers het hierteen geappelleer.

Hulle is die Afrikaanse Protestante kerk Bainsvlei, die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys en AfriForum.

Die appèlkomitee het ’n klomp kwessies oorweeg wat dié drie groepe geopper het:

* dat die meerderheid van die publiek daarvoor gestem het dat die beeld op die Kovsiekampus moet bly;* dat die besluit van die UV diskriminerend is;* dat die belangrikheid van die beeld vir die Suid-Afrikaanse geskiedenis ’n sterk oorweging is: en* dat die prosedurele stappe wat gevolg is deur die UV nie tevredenheid bring oor kwessies rakende administratiewe billikheid, ensovoorts nie.

Die beeld van pres. M.T. Steyn voor die hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Foto: Mungisi Louw

Die appèlkomitee het gevolglik besluit om die besware te handhaaf en die M.T. Steyn-beeld moet op die UV-kampus bly, lui die brief in Netwerk24 se besit.

Die permit wat uitgereik is, is dat die beeld na die Oorlogsmuseum in Bloemfontein verskuif kon word. Die appellante het versoek dat die beeld nie van die kampus verskuif mag word nie, en was nie gekant teen die verskuiwing na die Oorlogsmuseum nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.