Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Steyn-beeld se lot Vrydag bekend

Die toekoms van die standbeeld van pres. M.T. Steyn op die Kovsiekampus in Bloemfontein word Vrydag bekend gemaak.

Die M.T. Steyn-standbeeld op die Kovsie-kampus.

Die aankondiging gaan ná ’n raadsvergadering deur prof. Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, gedoen word.

Dít kom nadat lede van die universiteitsgemeenskap en lede van die publiek vroeër vanjaar mondelingse voorleggings kon doen as deel van ’n openbaredeelnameproses oor die toekoms van die standbeeld. Die universiteit het vroeër gesê ondersoek word gedoen na die huidige ligging van die beeld voor die hoofgebou van die UV, en oor ’n moontlike nuwe ligging wat oorweeg word.

Die standbeeld van pres. M.T. Steyn, die sesde en laaste president van die onafhanklike Oranje-Vrystaat van

1896 tot 1902, is ’n kwelpunt sedert ’n groep UV-studente gevra het dat dit verwyder moet word omdat dit

hulle glo aanstoot gee.

Petersen sal die besluit omstreeks 12:00 by die Golden Gate Hotel in Clarens bekend maak.

Meer oor:  Prof. Francis Petersen  |  Bloemfontein  |  Standbeeld  |  Besluit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.