Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Stryd om dié laerskool se deure oop te hou

’n Laerskool in Dealesville in die Vrystaat moet noodgedwonge jaarliks verskeie geldinsamelings aanpak sodat die skool se deure kan oopbly.

As die Primêre Skool Dealesville sy deure moet sluit, sal sowat 28 leerlinge van gr. 1 tot gr. 7 en sowat 14 kleuters van die kleuterskool geraak word.

“Die meeste leerlinge se ouers kan dit nie bekostig om hul kinders na skole in buurdorpe te stuur nie. Wat word van die kinders as die skool moet sluit?” vra Johan Smit, skoolhoof.

“Dit is ’n stryd om oorlewing. Sonder die insamelings sal die skool nie kan funksioneer nie,” sê hy.

Volgens Smit kry hulle bitter min geld van die onderwysdepartement weens die poste-toekenning en die getal leerlinge in die skool. Daarbenewens moet die beheerraad die salarisse van drie onderwysers betaal.

Hy sê met die opbrengs uit die insameling word die onderwysers se salarisse betaal, asook die bedryfskoste van die skool.

Navrae is aan die Vrystaatse onderwysdepartement gestuur, maar geen terugvoering is tot dusver ontvang nie.

Meer oor:  Dealesville  |  Geldinsameling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.