Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Strydbyle by Grey weer geslyp

Die strydbyle tussen die beheerliggaam en die skoolhoof van Grey-kollege (sekondêr) in Bloemfontein word duidelik van vooraf geslyp nadat die mediasieproses tussen hulle nou klaarblyklik van die baan is.

In ’n mediaverklaring van die beheerliggaam word ’n Facebook-inskrywing van Deon Scheepers, die skoolhoof, die afgelope naweek betreur en word hy daarvan beskuldig dat dit nie die volle waarheid is nie.

Henry BuchnerFoto: Mlungisi Louw

Hy word ook daarvan beskuldig dat hy die oorsaak is dat die proses skipbreuk gely het. Hy het eensydig van die proses onttrek, sê die beheerliggaam.

Die beheerliggaam sal ook eersdaags die naam van die nuwe tydelike skoolbestuurder bekend maak wat van volgende week, wanneer die skole weer begin, dié taak sal verrig.

Dit volg nadat Jurie Geldenhuys, hoof van Grey-primêr, deur die Vrystaatse onderwysdepartement verbied is om dié pligte te verrig.

Scheepers is op 15 Mei deur die beheerliggaam van sy sogenaamde beheerliggaam-pligte onthef en sy aanspreeklikheid is tot die akademie van die skool beperk. Dié besluit staan steeds.

Die beheerliggaam het die mediasieproses voorgestel omdat die hofaansoek van Scheepers nie die verbrokkelde vertrouensverhouding tussen Scheepers en die beheerliggaam en Scheepers en die onderwysers sal herstel nie.

Die beheerliggaam sê by monde van sy voorsitter, Henry Buchner, in die mediasieproses van 30 Junie het Scheepers vir ’n uitstel gevra om ’n moontlike oplossing te ondersoek.

Op 5 Julie het hy die beheerliggaam in kennis gestel dat hy hom van dié proses onttrek. Sy bewering op Facebook dat die proses onsuksesvol was en op ’n dooiepunt uitgeloop het, is dus nie “akkuraat” nie.

Buchner sê Scheepers se eis dat ’n neutrale voorsitter die mediasie moet lei, laat dit lyk asof die voorsitter van die onsuksesvolle mediasie nie onpartydig was nie.

Dié voorsitter is ’n appèlregter wie se reputasie onberispelik is en wie se onafhanklikheid bo alle verdenking staan.

Die skool en sy beheerraad distansieer hulle van Scheepers se insinuasie. Dit is “betreurenswaardig sowel as onverskillig”.

Buchner sê Scheepers se bewering dat hy steeds ontvanklik is vir mediasie, is nie versoenbaar met die voorwaarde wat hy stel dat die beheerliggaam sy besluite van 15 Mei terugtrek as beginpunt vir die mediasie om suksesvol te wees nie.

“Mnr. Scheepers is heel duidelik nie oop vir gesprek om ’n oplossing vir die probleem by Grey-kollege te vind nie.

Sy optrede nou en voor 15 Mei is duidelik nie in die beste belang van Grey-kollege nie,” lui die verklaring.

Meer oor:  Grey Kollege Sekondêr  |  Jurie Geldenhuys  |  Deon Scheepers  |  Hof  |  Skoolhoof  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.