Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Student reeds 8 maande in koma

Onder die omstandighede gaan dit goed met sy seun, sê die pa van Ruan Joubert (20) wat Woensdag vir presies agt maande reeds in ’n koma sal wees.

Ruan het op 7 Julie verlede jaar kopbeserings in ’n motorfietsongeluk opgedoen wat sy pa, Beeno, as ’n fratsongeluk beskryf.

Ruan Joubert (20) is ná agt maande steeds in 'n koma ná 'n ongeluk met 'n motorfiets. Foto: Facebook

Ruan, wat ’n eerstejaarstudent in die regte aan die Noordwes-Universiteit was en op Grey-kollege in Bloemfontein skoolgegaan het, het op ’n plaas buite Boshof beheer oor ’n motorfiets verloor, afgeval en sy kop teen ’n klip gekap.

“Hy is nog in ’n koma, wat hulle vegetatief noem,” sê Beeno. Vegetatief verwys na ’n toestand van bewusteloosheid waar die pasiënt met breinskade nie willekeurige handelinge kan uitvoer nie en slegs refleksief op pynstimuli reageer.

“Hy maak sy oë oop en toe, maar sonder enige uitdrukking of dat hy praat. Hy is voltyds bedlêend. Ruan haal asem deur ’n tragea in die keel en kry voeding deur ’n buis in die maag. Hy lyk goed en het gewig aangesit.

“Hy was die laaste twee maande in die Nurture Hillandale-hospitaal in Bloemfontein en ons gaan hom hierdie naweek na ’n versorgingsentrum in Bayswater skuif. Ons hou hom eers in Bloemfontein omdat die dokters daar vertroud is met sy toestand en Kimberley (waar Beeno en sy vrou, Liesel, woon) ongelukkig nie al die geriewe het wat hy nodig het nie.”

Volgens Beeno is hy baie dankbaar vir sy mediese fonds wat vir sy seun se mediese uitgawes betaal het. “Hulle betaal ongelukkig nie vir dienste soos ’n fisioterapeut, spraakterapeut en die verblyf in die sentrum waar hy nou moet tuisgaan nie.”

’n Paar geleenthede vir geldinsameling is reeds gehou om die Jouberts met die mediese uitgawes te help.

Op 21 Maart word nog ’n geleentheid in Kimberley aangebied.

“Die ondersteuning is amazing. Ons het so ’n groot ondersteuningsgroep. Daar is soveel mense wat vir hom bid en langs sy bed vir hom gaan bid. Ons glo al die pad in ’n wonderwerk en herstel.”

Meer oor:  Noordwes-Universiteit  |  Student  |  Koma  |  Motorfietsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.