SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Onderwys
Studente kan tot dán vir NSFAS-hulp aansoek doen

Voornemende studente wat nog wil aansoek doen vir hulp van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) vir hul tersiêre studies van volgende jaar, het nog tot 30 November om dit te doen.

So het Phumla Williams, waarnemende kabinetswoordvoerder, Donderdag gesê toe sy die besluite van Woensdag se kabinetsvergadering in ’n verklaring bekend gemaak het.

Volgens Williams sluit die aanlyn aansoeke vir NSFAS-beurse op bogenoemde datum nadat die aansoekproses op 1 September geopen het.

Phumla WilliamsFoto: DEAAN VIVIER

“Studente word sterk aangemoedig om hul aansoeke voor die sperdatum aanlyn in te dien, of om hul naaste Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap-sentrum te besoek.”

Hierdie aankondiging van die kabinet kom nadat daar vroeër ook berig is hoe die departement van hoër onderrig en opleiding in sy 2017-’18-jaarverslag onder meer aanvoer dat die huidige NSFAS-model heel waarskynlik aangepas sal moet word. Dit is omdat dit nie die toestroming van studente ná oudpres. Jacob Zuma se aankondiging oor gratis hoër onderrig in Desember 2017 kan hanteer nie.

Die jaarverslag lui verder dat die getal NSFAS-studente met die nuwe begroting wat aangekondig is, sowel as met die instelling van die nuwe NSFAS-beursskema vir 2018-’19, na verwagting tot ongeveer 274 000 in 2018 sal toeneem. Sowat 84 000 hiervan is eerstejaars wie se volle studiekoste gedek moet word.

* Intussen het die kabinet ook die onlangse herbekendstelling van die polisie se gespesialiseerde bende-eenheid deur pres. Cyril Ramaphosa in Kaapstad verwelkom.

“Hierdie bykomende ingryping deur die regering sal baie help om die probleem van bende- en dwelmverwante misdade wat gemeenskappe teister, beslissend te hanteer.

“Dié eenheid het lede wat opgelei is vir die hantering van hoërisiko-situasies omdat hulle uit die taktiese reaksie-eenhede, die spesiale taakmag en die nasionale ingrypingseenheid kom.

“Hierdie staatsgeleide ingryping sal nasionaal geïmplementeer word.”

Volgens Williams doen die kabinet ook ’n beroep op gemeenskappe om met die wetstoepassingsowerhede saam te werk. “Die kabinet bly daartoe verbind om te verseker dat gemeenskapslede veilig is en veilig voel in hul onderskeie gemeenskappe.”

* Die kabinet het ook die presidensiële beraad van 1 en 2 November oor gendergegronde geweld en moorde op vroue verwelkom. “Die regering het ooreengekom om die nasionale planne oor gendergegronde geweld te hersien en om ’n nasionale aksieplan daarvoor te ontwikkel.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.