Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Studente se registrasie verloop landwyd meestal vlot

Hoewel die registrasie van studente aan die meeste universiteit in die land klaarblyklik vlot verloop, is daar ’n paar haakplekke.

Lede van Sasco beset sedert Maandag Unisa se Sunnyside-kampus in Pretoria. Foto: Morapedi Mashashe

Dit was die versekering wat Lunga Ngqengelele, woordvoerder van die departement van hoër onderwys en opleiding, Vrydag gegee het ná ’n week van dreigemente deur studente-organisasies dat ’n chaos op die kampusse voorlê.

Die organisasies eis onder meer dat registrasiegeld geskrap word.

Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en opleiding, het die Coastal TVET-kollege in Umbumbulu in KwaZulu-Natal Vrydag besoek om die registrasieproses te monitor. Daar het sy ook met die leiers van die South African Students’ Congress (Sasco) vergader.

“Die registrasieproses verloop landwyd eintlik goed. Ons ontvang geen terugvoering oor probleme nie, behalwe by Unisa,” het Ngqengelele by navraag gesê.

Betogings, wat hoofsaaklik deur Sasco gereël is, kom sedert die begin van die week op Unisa se Sunnyside-kampus in Pretoria voor.

Ngqengelele sê Pandor het die direkteur-generaal van hoër onderwys, Gwebinkundla Qonde, gevra om by dié universiteit in te gryp.

“Qonde het intussen vergader met die bestuur van die universiteit en die studente-organisasies, en ons verwag dat die probleme binnekort opgelos sal wees,” sê Ngqengelele.

Thomas Huma, woordvoerder van Unisa, het Vrydag gesê dié kampus is steeds gesluit en sal Maandag moontlik heropen.

Ngqengelele sê die departement het gedurende Desember saam met universiteite en TVET-kolleges gewerk om te verseker dat die begin van die akademiese jaar glad verloop.

“Maatreëls is ingestel by universiteite waar probleme voorkom. Ons kan nie sê of ons wel verdere betogings verwag of nie.”

Pandor het vroeër vandeesweek die versekering gegee dat alle universiteite vanjaar ’n vooruitbetaling sal ontvang om registrasiegeld en toelaes van veral arm en werkersklasstudente te dek.

Sy meen ook daar is genoeg plek aan die universiteite en kolleges om suksesvolle matrikulante te akkommodeer wat verlede jaar betyds aansoek gedoen het.

Pandor het die dreigemente van studente-organisasies om die registrasieproses te ontwrig as “ongegrond, onverantwoordelik en gevaarlik” bestempel.

Tshepo Mohlomi, tesourier-generaal van Sasco, het Vrydag gesê hulle sal voortgaan met die veldtog om te verseker dat alle voornemende studente plek aan die universiteite kry.

“Ons doel is seker te maak dat almal toegang tot hoër onderrig het. Ons doel is nie noodwendig om universiteite te sluit nie. Ons maak universiteite soos Unisa toe omdat almal nie daar tot hoër onderrig toegelaat word nie. Aan universiteite waar die bestuur na die studente luister, word die kwessies vinnig opgelos en ons hoef ons daar te betoog nie.”

Meer oor:  Naledi Pandor  |  Registrasieproses  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.