Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Studie wys W-Kaap lei met wiskunde, wetenskap – LUR

Die Wes-Kaap loop voor wat die onderrig van wiskunde en wetenskappe betref nadat die uitslae van ’n studie onder gr. 5- en gr. 9-leerlinge bekend gemaak is, sê Debbie Schäfer, LUR vir onderwys.

Die uitslag van die Trends in International Mathematics and Science Study (TIMSS) van 2019 is Dinsdag deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) bekend gestel en word elke vier jaar uitgevoer.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys. Foto: Curt Lottring/Son

Schäfer het in ’n verklaring gesê die RGN sal Vrydag uitbrei oor die provinsiale uitslae. As deel van die studie word ’n verteenwoordigende steekproef van gr. 5- en gr. 9-leerlinge gevra om ’n toets vir wiskunde en wetenskap te skryf.

Die Wes-Kaap het ’n telling van 441 vir wiskunde en 415 vir wetenskap onder die gr. 5’s behaal, teenoor ’n nasionale gemiddeld van 374 vir wiskunde en 324 vir wetenskap.

Gauteng het ’n telling van 410 vir wiskunde en 379 vir wetenskap ontvang.

Onder die gr. 9-leerlinge het die Wes-Kaap ’n telling van 441 vir wiskunde en 439 vir wetenskap gekry, teenoor die nasionale gemiddeld van 389 vir wiskunde en 370 vir wetenskap. Gauteng het 421 vir wiskunde en 422 vir wetenskap gekry.

Die RGN het met die bekendstelling van die uitslae aangedui dat 291 skole met 11 891 gr. 5-leerlinge in Oktober 2018 die toetse geskryf het, terwyl 519 skole met 20 829 gr. 9-leerlinge in September 2019 deelgeneem het.

http://www.hsrc.ac.za/en/departments/ied/timsssa

In die Wes-Kaap en Gauteng is die getal skole wat deelgeneem het van 30 tot 150 vermeerder om “meer robuuste ramings” te verskaf.

Dit getuig van die uitstekende werk wat die departement en ons skole lewer om aanhoudend die onderwysstandaarde in die provinsie te verbeter.

Daarby sal dié twee provinsies verskyn in die normstelling met ander lande wat in die internasionale TIMSS-verslag vervat word.

Schäfer sê die Wes-Kaap het verlede jaar saam met ses ander stede en streke, insluitend Gauteng, aan die normstelling vir gr. 9’s deelgeneem, waar die provinsie agt plekke hoër as die land in geheel vir wiskunde en ses plekke hoër vir wiskunde op ’n ranglys geplaas is.

Sy sê dit is ook bevredigend om te sien dat die provinsie se telling vir wiskunde sedert 2011 met 37 punte en 18 punte vir wetenskap gestyg het.

“Dit getuig van die uitstekende werk wat die departement en ons skole lewer om aanhoudend die onderwysstandaarde in die provinsie te verbeter.”

• Die verslae van die RGN kan hier gelees word:

http://www.hsrc.ac.za/en/departments/ied/timsssa

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Wiskunde  |  Studie  |  Wetenskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.