Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Suksesvolle NSFAS-studente ‘hoef nie registrasiegeld te betaal’

Studente wat reeds bevestiging gekry het dat die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) hul studies vir die 2020- akademiese jaar sal finansier, hoef geen registrasiegeld vir hul studies te betaal nie, omdat die NSFAS dit namens hulle sal betaal.

Kagisho Mamabolo, NSFAS-woordvoerder, het dít Maandag benadruk om enige verwarring hieroor uit die weg te ruim.

“Aansoekers wat suksesvol gefinansier is, moet na die instellings gaan waar hulle aanvaar is om hulle vir die nuwe akademiese jaar te registreer.

“Dit is noodsaaklik om daarvan kennis te neem dat daar nie van NSFAS- kwalifiserende studente wat suksesvol gefinansier is, vereis kan word om enige registrasiegeld te betaal nie. Die NSFAS sal hierdie geld dek deur voorafbetalings aan universiteite en kolleges te maak. As ’n student registrasiegeld betaal, moet asseblief kennis geneem word dat die NSFAS nie daardie geld aan die student sal terugbetaal nie.”

Studente wat vir hulp van die NSFAS kwalifiseer, kom meestal uit arm en werkersklas-huishoudings met ’n gekombineerde jaarlikse inkomste van minder as R350 000.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, het verlede week aangekondig dat sowat 360 000 aansoekers suksesvol vir NSFAS-finansiering vir vanjaar aansoek gedoen het.

Hy het bygevoeg dat bogenoemde aansoekers ook voor die akademiese jaar begin, ingelig is dat hul aansoeke suksesvol was. Dit is ’n groot verbetering in die NSFAS-administrasie, omdat dit studente sal toelaat om hulle by toepaslike instellings te kan inskryf sonder dat hulle vooraf registrasiegeld moet betaal.

“Die meeste finansieringsbesluite vir die 2020-aansoeke is ook op die myNSFAS-portaal opgedateer. Aansoekers het SMS’e ontvang wat hulle na dié aanlyn-portaal sal lei om die status van hul aansoek na te gaan.”

Die minister het gesê omdat ’n groot aantal studente verlede jaar vir finansiering gediskwalifiseer is, het dr. Randall Carollisen, NSFAS-administrateur, ’n nuwe keuringslaag ingestel om alle aansoeke te hersien voordat dit verwerp word. “30 632 aansoeke word nou hiervolgens hersien.”

Nzimande het gesê van die gesamentlike getal aansoeke was 62 275 onvolledig of daar was uitstaande of verkeerde ondersteuningsdokumente.

“Hierdie aansoekers is oor die feestyd gekontak en hul aansoeke sal geprosesseer word sodra die vereiste dokumente van hulle ontvang is.”

Die minister het ook gesê dat instap-aansoeke by die land se 26 openbare universiteite ontmoedig word omdat die instellings saam net 201 042 nuwe eerstejaars kan akkommodeer.

Meer oor:  Studente  |  Betaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.