Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Tablette opgespoor nadat LUR dreig

Vier verdagtes is Vrydag gearresteer ná ’n inbraak by ’n splinternuwe “mega”-townshipskool in Ekurhuleni.

Die deurbraak is gemaak nadat die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, Donderdag op ’n vergadering met ouers gesê het húlle moet inligting oor die misdaad verskaf.

Honderde ouers en lede van die gemeenskap het die splinternuwe saal by die Menzi Primary School in Tsakane aan die Oos-Rand stampvol gesit toe Lesufi die ouers gedreig het om toerusting ter waarde van R1,5 miljoen te verwyder as daar nie vordering gemaak word met die ondersoek en die gemeenskap vorendag kom met inligting nie.

Op die vergadering het die skoolhoof, Ndumiso Mnguni, gesê een van die veiligheidswagte is intussen in hegtenis geneem ná die inbraak. Hy het gesê hulle weet nou die wag het die inbrekers gehelp om by die skool in te kom. Dit het die mense in die stampvol saal na hul asem laat snak.

Een van die ouers het aan Rapport vertel dat ’n man net bekend as Mathe al Dinsdag gesê het hy weet waar die toerusting is, maar gewaarsku is om liewer stil te bly. Mathe het egter kort voor die vergadering Donderdag verdaag het verhoog toe ge­stap en sy inligting gedeel. Lesufi het gesê die polisie sal hom beskerm.

Die skool het onder meer 185 tabletrekenaars verloor, dae nadat die skool op 9 Januarie sy deure geopen het. Die Ekurhuleni-polisie het ná die inhegtenisneming 22 van die 185 tablette en drie skootrekenaars teruggekry. Hulle soek nog na die res van die gesteelde goedere.

Meer oor:  Diefstal  |  Menzi Primary School
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.