Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Tito kritiseer UP skerp oor staking van Afrikaans

Tito Mboweni, minister van finansies, stem glad nie saam met die besluit om die gebruik van Afrikaans as taal van onderrig aan die Universiteit van Pretoria uit te faseer nie.

“Oor 30 jaar sal julle spyt wees,” het Mboweni op Twitter geskryf. Hy meen die land skiet homself in die voet.

Sy twiet het groot reaksie ontlok.

Tito Mboweni, minister van finansies, se twiet oor Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Foto: Twitter/ tito_mboweni

Corné Mulder, LP van die VF Plus, het getwiet Mboweni is ’n baie wyse man. “Ons moet meer en meer van ons tale tot op tersiêre vlak ontwikkel. Om dit tot net een te verminder, is ’n terugwaartse stap.”

Verreweg die meeste reaksie op Mboweni is baie negatief. Ene Les Mahlare twiet: “As wit mense ander Afrikatale kan leer, kan ons dalk praat.”

Rikus Delport, woordvoerder van die UP, sê Engels het op 1 Januarie vanjaar die taal van onderrig en studie in alle eerstejaarprogramme geword “om samehorigheid te bewerkstellig”.

“Die universiteit sal voortgaan om gelyke geleenthede te bied aan alle Suid-Afrikaners wat verskillende tale praat.”

Delport sê studente aan die UP wat sê Afrikaans is hul huistaal, het van 85% in 1992 tot 30% in 2015 verminder.

In 2016 het ongeveer 18% van die studente aan die UP Afrikaans as hul voorkeurtaal vir onderrig gekies.

Studente wat tot in 2018 vir die eerste keer geregistreer het, sal steeds hul lesings, studiehandleidings, vraestelle en werkopdragte in Afrikaans ontvang in die kursusse wat by registrasie in Afrikaans aangebied is.

Engels sal voortaan die amptelike taal vir kommunikasie en administrasie op alle kampusse en in die koshuise by die UP wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.