Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Toets jou kennis oor poësie! Antwoord hier
NP van Wyk Louw. Foto: Argief

Matrieks oor die land heen het Woensdag die tweede vraestel in Afrikaans geskryf.

Leerlinge moes vir Woensdag se vraestel verskeie voorgeskrewe gedigte, een roman en een drama voorberei. Hulle moes ook vrae beantwoord oor ’n onvoorbereide gedig.

Kenners het die vrae oor die gedigte as taamlik uitdagend bestempel en gesê leerlinge sou mooi moes dink om van die vrae te beantwoord.

Een van die gedigte wat hulle moes voorberei was “Nog in my laaste woorde” deur NP van Wyk Louw.

Kyk of jy die vraag 3 uit die vraestel oor dié gedig kan beantwoord.

Bestudeer die onderstaande gedig en antwoord die vrae wat volg (die punte word in hakies aangedui):

3.1) Met wie voer die ek-spreker hier ’n gesprek? (1)

3.2) “as ek alleen in die bitter vrees van sterwe lê” (versreël 3–4)

Wat beteken dié woorde in die konteks van die gedig? (1)

3.3) Herlees versreël 4–5.

Wat is vir die spreker van “mindre” belang? Stem jy met die spreker se uitspraak daaroor saam? Motiveer jou antwoord. (2)

3.4) Benoem die beeldspraak in versreël 9. Waarom is dié beeld gepas? (2)

3.5) Wat is die funksie van alliterasie in versreël 11–12? (1)

3.6) Herlees versreël 12–14.

Waarna verwys “Dán”? Tot watter gevolgtrekking kom die spreker in die slotreël? Dink jy die inversie in die slotreël ondersteun dié gevolgtrekking? Motiveer jou antwoord. (3)

Meer oor:  Poësie  |  Afrikaans  |  Gedigte  |  Vraestel  |  Matriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.