Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Tronkskole spog met slaagsyfer van 77,3%

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) spog met ’n slaagsyfer van 77,3% onder gevangenes wat verlede jaar die nasionale senior sertifikaat-eksamen in die tronk geskryf het.

Die departement het in ’n verklaring gesê dit ’n verbetering van 1,4 persentasiepunte op verlede jaar se slaagsyfer.

Die 52-jarige Abdulla Elijah Simelane was in 2018 die oudste matrikulant wat die DKD opgelewer het. Hy het matriek met universiteitsvrystelling geslaag. Foto: Verskaf

Daarby is die DKD se matriekslaagsyfer net ’n aks laer as die nasionale gemiddeld van 78,2%.

Een van die ster-leerlinge is Abdulla Elijah Simelane, wat op 52-jarige ouderdom die DKD se oudste matrikulant is.

Hy het sy matriek met universiteitsvrystelling by die DKD se skool by die Baberton-gevangenis behaal.

Dit volg nadat hy drie jaar gelede tot 23 jaar tronkstraf gevonnis is op ’n aanklag van verkragting.

Simelane is luidens die verklaring een van 235 gevangenes wat in 2018 die matriekeksamen geskryf het.

185 gevangenes het sewe of meer vakke geskryf, 67 het met universiteitsvrystelling geslaag, 46 het diplomas gekry en nog 30 het hul skoolloopbaan met ’n hoërsertifikaat-kwalifikasie afgesluit.

Die skole van vier korrektiewe sentrums, by Durban Westville, Cradock, Baviaanspoort en Rustenburg, het ’n slaagsyfer van 100% behaal.

Die drie toppresteerders was Mpofana Nhlakanipho (80,43%) van die Durban Westville-gevangenis,

Alexandra Jaime (79,43%) wat by Baviaanspoort aangehou word, en Dziva Patson (77,29%), ook van die Westville-gevangenis.

Matriekuitslae soos dié hou nie net voordele vir die gevangenes in nie, maar vir die hele gemeenskap.
Adv. Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste.

Singabakho Nxumalo, DKD-woordvoerder, sê hulle het 14 formele skole vir gevangenes. Onderrig word gegee deur DKD-beamptes wat as onderwysers aangestel is en verskillende vakke aanbied soos voorgeskryf deur die departement van onderrig.

“Die skole het ook klaskamers met onderwysers en ’n hoof. Dit is jou tipiese klaskamer soos in ’n normale skool buite die tronk.

“Ons werk saam met die onderwysdepartement, wat ook ons werk monitor en bystand gee soos nodig,” sê Nxumalo.

Die DKD kry ook hulp van ander vennote en instellings om onderwysers se onderrigvaardighede, veral in vakke soos wiskunde, wetenskap en tegnologie, op standaard te hou.

“Ons kan nie die gehalte van onderwys afskeep nie. Ons gevangenebevolking word al hoe jonger en sonder onderrig gaan die situasie net vererger,” sê Nxumalo.

Adv. Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, sê onderrig is ’n noodsaaklike deel van rehabilitasie.

“Daar is bewys dat gevangenes wat aan onderrigprogramme deelneem, die toekoms anders beskou en ’n meer positiewe uitkyk het.

“Die DKD sal sy bes bly doen om te verseker dat soveel gevangenes as moontlik toegang tot onderrig het, sodat hulle produktiewe en verantwoordelike lede van hul gemeenskap kan wees met vrylating.

“Matriekuitslae soos dié hou nie net voordele vir die gevangenes in nie, maar vir die hele gemeenskap,” sê die minister.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.