Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Tuks-kampus kry nog infrastruktuur, sagteware vir blindes

Die Universiteit van Pretoria (UP) het vanjaar nog nuwe maatreëls ingestel om die lewe vir blinde studente en personeellede makliker te maak.

“Ons het ’n tas-projek van stapel gestuur om dit vir blinde mense makliker te maak om op kampus oor die weg te kom,” sê Juan Erwee van UP se eenheid vir mense met gestremdhede.

“Ander maniere waarop ons probeer help, is om meer notas op die internet beskikbaar te maak en daar was ’n groter belegging in teks-na-spraak-sagteware op kampus en in koshuise en om geriewe vir gidshonde te verbeter.”

Die eerste blinde studente het in 2002 by die UP ingeskryf en veranderinge is op kampus aangebring soos die behoefte daarvoor ontstaan het.

“Die proses is nog nie klaar nie en alhoewel die veranderinge op die hoofkampus begin het, sal dit mettertyd na ander kampusse uitkring,” sê Erwee.

“Ons is byvoorbeeld tans besig om rekenaarsentrums in Mamelodi en Groenkloof met teks-na-spraak-sagteware in te rig.”

Wat mense met ander gestremdhede aanbetref, sê Erwee dat die UP stelselmatig ouer geboue aanpas om dit toegankliker te maak.

“Ons het reeds in 2003 met aanpassings begin,” sê hy. “Hysbakke is onder meer geïnstalleer, badkamers is aangepas en spesifieke kamers vir mense met gestremdhede in koshuise aangebring. So ook het ons alternatiewe maniere om toetse en eksamens af te lê beskikbaar gemaak.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.