Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Tuks-lektor wen geografieprys
Dr. Christel Hansen. Foto: up.ac.za

Dr. Christel Hansen, ’n lektor aan die Universiteit van Pretoria se departement geografie, geo-informatika en meteorologie, het pas die Suid-Afrikaanse Geografie­genootskap se gesogte Eeufeesprys vir vanjaar ontvang.

Sy kry die eerbewys vir die navorsing wat sy vir haar doktorsgraad gedoen het.

“Die toekenning is belangrik aangesien dit my die geleentheid sal gee om my navorsing voort te sit,” sê Hansen.

“Die Genootskap se bystand is ongelooflik om mense soos ek te help om hul navorsing voort te sit.”

Met haar navorsing probeer Hansen ’n beter begrip van grondtemperature, vogdinamika en die drempelwaardes wat daarmee saamgaan, kry.

“Drempelwaardes is belangrik aangesien dit in ’n klimaat wat warmer word, verander en veral in kouer omgewings ’n rol tydens grondvorming speel,” sê sy.

“Ek is egter besig om soortgelyke navorsing in streke met ’n warmer klimaat en meer spesifiek woestynagtige gebiede ook te doen. Ek hoop dat my navorsing sal help om sekere aspekte van klimaatsverandering te verstaan.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.