Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
TUT-kampusse tydelik tot stilstand
Die muur wat studente in die pad buite die TUT-kampus in Ga-Rankuwa gebou het. Foto: Twitter

Alle akademiese aktiwiteite op die kampusse van die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) is tot verdere kennisgewing opgeskort.

So het Willa de Ruyter, TUT-woordvoerder, aan Netwerk24 gesê kort nadat die nuus Woensdag op sy sosialemedia-platforms van die TUT gedeel is.

Protesaksies op kampusse het dié stap genoodsaak.

De Ruyter sê die studente hoofsaaklik oor befondsing deur die nasionale finansiële hulpskema (NSFAS), huisvesting en akademiese uitsluiting.

’n Video het Woensdag op sosiale media die ronde gedoen oor protesaksie by die Ga-Rankuwa-kampus. In die video bou die studente ’n muur waarop hulle geskryf het: “Wall of TUT Ga-Rankuwa.”

Volgens De Ruyter het die studente die muur buite die hoofhek van die kampus gebou.

“Plaaslike owerhede het later die muur afgebreek.”

De Ruyter sê TUT se gesprekke met die studenteleiers gaan voort.

“Dit is baie belangrik dat akademie so gou as moontlik hervat word, want einde Februarie begin toetse,” sê De Ruyter.

In die aankondiging op sosiale media vra die universiteit verskoning vir die ongerief “wat dit vir personeel, studente en eksterne rolspelers veroorsaak”, en sê die universiteit sal onverpoos werk om die probleme op te los sodat studente met die akademiese program kan voortgaan.

Die muur wat studente in die pad buite die TUT-kampus in Ga-Rankuwa gebou het. Foto: Twitter

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.