Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
TUT-studente juig oor ‘oorwinning’ met akkreditasie

Van die studente aan die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) wat verlede week op die hoofkampus in Pretoria-Wes betoog het, sê hulle is in die wolke omdat hulle “gewen” het.

Sphamandla Qwabe, van die sentrale verteenwoordigende studenteraad (VSR) se ondersteuningsdienste vir studente, het Maandag gesê die studente juig “omdat ons pogings darem nie verniet was nie. Ons wou hê die universiteit moet (woonstel)geboue (in die middestad) akkrediteer vir behuising en hulle het dit gedoen. Ons is bly.”

Die akkreditasie is nodig sodat beursgeld en lenings wat deur die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) beskikbaar gestel word, vir dié verblyf gebruik kan word.

Daar is egter net besluit om goedkeuring van ’n beleid vir akkreditasie te bespoedig, sê Willa de Ruyter, universiteitswoordvoerder. Dit moet steeds vir goedkeuring aan die raad van die universiteit voorgelê word. Dit kan teen die einde van Maart gebeur.

“Die universiteit beskou die akkreditasie van akkommodasie vir studentebehuising in die algemeen as ’n goeie oplossing vir die tekort aan studentebehuising, maar dit sal nie noodwendig die probleem heeltemal oplos nie.

Qwabe sê daar is meer as 3 500 studente wat aansoek gedoen het, maar nie behuising by die universiteit gekry het nie. “Ons verstaan dit beteken nie almal van hulle sal ’n bed kan kry nie, maar dit sal baie help.”

De Ruyter sê die universiteit het verskeie opsies oorweeg, maar dit is “nie moontlik om sonder raadsgoedkeuring en binne die universiteit se finansiële reëls tydelike akkommodasie te bekom nie.

“Die universiteit beskou die akkreditasie van akkommodasie vir studentebehuising in die algemeen as ’n goeie oplossing vir die tekort aan studentebehuising, maar dit sal nie noodwendig die probleem heeltemal oplos nie.

“Dit is belangrik om te onthou dat met die akkreditering van ’n gebou die universiteit die gebou eintlik net as geskik vir studentebehuising verklaar. Dit beteken nie noodwendig dat die eienaar die student gaan toelaat om daar te woon, of dat studente se inwoning gefinansier gaan word nie. Die doel met akkreditering is om skenkers soos die NSFAS die versekering te gee dat die universiteit die behuising goedkeur, en dit behoort studente wat tans nie akkommodasie het nie, meer toegang daartoe te gee,” sê De Ruyter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.