Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
TUT waarsku oor begrotingstekorte
Prof. Lourens van Staden, visekanselier van die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT). Foto: Theana Breugem

Die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) gaan volgende jaar ’n tekort van R149 miljoen hê as klasgelde nie verhoog word nie.

Dit is volgens prof. Lourens van Staden, visekanselier van TUT, in sy voorlegging Vrydag aan die kommissie van ondersoek na die uitvoerbaarheid van gratis hoër onderwys.

Die tekort sal krimp tot R96 miljoen as klasgelde met 6% verhoog word en R78 miljoen as dit met 8% toeneem.

Hierdie tekort gaan teen 2021 groei tot R584 miljoen as klasgelde onveranderd bly, R262 miljoen as klasgelde met 6% per jaar verhoog word en R170 miljoen as klasgelde met 8% per jaar verhoog word.

Die universiteit het vanjaar vir die eerste keer ooit ’n begrotingstekort ervaar en is R62 miljoen in die rooi.

In 2012 was 57% van die universiteit se finansiering van regeringsubsidies afkomstig.

Teen vanjaar het regeringsubsidies tot 49% gekrimp.

In dieselfde tydperk het studentegeld aanvanklik 36% van die universiteit se begroting gedek. Dit het in vier jaar toegeneem tot 42%.

Van Staden sê die universiteit se “wit olifant” is personeelkoste. Volgens die departement van hoër onderwys se riglyne moet dié uitgawe slegs tussen 55-62,5% van universiteite se begrotings uitmaak. In 2012 het dit by TUT reeds 71,26% beloop en teen vanjaar was dit 77,29%.

Van Staden sê die universiteit ontvang jaarliks ongeveer 100 000 aansoeke waarvan slegs 15 000 studente toegelaat word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.