Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
TV- en radioklasse vir leerlinge begin Donderdag

Die departement van basiese onderwys en die SAUK se gesamentlike ondersteuningsprogram vir leerlinge sal van Donderdag af op drie televisiekanale en 13 radiostasies uitgesaai word.

Dié multimediaprogram is bekend gestel om die impak van die staat van inperking op leerlinge te versag.

In ’n gesamentlike verklaring sê die departement en die SAUK dat die inisiatief deel van verskeie pogings is om die skooljaar te red.

“Dit is ook met die oog op die eksamen in Junie bekend gestel. Die veldtog sal aan leerlinge die relevante ondersteuningsmateriaal verskaf sodat hulle by die eksamenlokaal kan instap met die wete dat hulle die ondersteuning en inligting ontvang het om die eksamen met selfvertroue aan te pak.”

Die TV- en radioprogramme fokus op kurrikulum-ondersteuning vir gr. 10’s, gr. 11’s, matrieks, asook grondslagfase-onderrig.

Foto: Shutterstock

Van die vakke wat behandel word, sluit in wiskunde, fisiese wetenskap, Engels eerste addisionele taal, lewenswetenskap en rekeningkunde.

’n Verskeidenheid Afrikatale is ook by die grondslagfase-onderrig ingesluit.

“Ons nooi leerlinge om die voordele van die hulpbronne te benut en ons glo dit sal hulle tydens die inperking help om by te bly met hul skoolwerk en hulle op die komende eksamen voor te berei,” sê Ian Plaatjes, bedryfshoof van die SAUK.

’n YouTube-kanaal is ook beskikbaar gestel sodat leerlinge die inhoud aanlyn kan kyk.

Die rooster vir die televisieprogramme is as volg:

SABC 1: Maandae tot Sondae van 05:00 tot 06:00;

SABC 2: Maandae tot Vrydae van 09:30 tot 11:00; en

SABC 3: Maandae tot Vrydae van 06:00 tot 07:00.

Die rooster vir die radioprogramme op weekdae is as volg:

RSG: 19:30 tot 20:00;

Radio 2000: 11:30 tot 12:00;

Umhlobo Wenene FM: 14:30 tot 15:00;

Thobela FM: 17:00 tot 18:00;

Phalaphala FM: 13:30 tot 14:00;

Munghana Lonene FM: 14:30 tot 15:00;

Ukhozi FM: 21:00 tot 22:00;

Lesedi FM: 16:15 tot 16:45;

Ligwalagwala FM: 9:10 tot 9:40;

Motsweding FM: 19:00 tot 19:30;

Ikwekwezi FM: 10:30 tot 11:00;

Tru FM: 09:00 tot 11:00; en

X-K FM: 09:30 tot 10:00.

Leerlinge word aangemoedig om ’n lys van hul plaaslike radiostasies se programme te kry.

Meer oor:  Sauk  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.