Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Twee leerlinge takel mekaar met messe

Twee leerlinge van die Hoërskool Carlton van Heerden op Upington is in die hospitaal opgeneem nadat hulle mekaar met messe by die skool toegetakel het.

’n Video van die voorval is Donderdag deur die radiostasie OFM op sy Facebook-blad geplaas nadat dit aan hulle gestuur is.

In die video skree en gil leerlinge histeries terwyl die twee seuns met mekaar slaags raak.

Kapt. Jacques September, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig, maar kon nie verdere inligting gee nie aangesien geen klag by die polisie aanhangig gemaak is nie.

September sê die seuns is reeds uit die hospitaal ontslaan.

Die departement van onderwys het Donderdag gesê die twee seuns, onderskeidelik in gr. 9 en gr. 10, was Dinsdag in ’n argument betrokke en albei het meswonde opgedoen.

Lehuma Ntuane, woordvoerder vir die departement, sê die departement veroordeel die voorval ten sterkste. Sulke voorvalle stel die veiligheid en lewe van ander leerlinge en onderwysers in gevaar en is onaanvaarbaar.”

Hy sê die twee leerlinge is tydelik geskors sodat ’n interne ondersoek gedoen kan word en die nodige tugoptrede kan volg.

Berading is ook aan die leerlinge verskaf wat die voorval aanskou het.

Ntuane sê veiligheid by die skool word opgeknap en die polisie is genader om die skool te help om die leerlinge gereeld vir dwelms en gevaarlike wapens te deursoek.

Meer oor:  Upington  |  Messteek  |  Leerlinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.