Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Twee tale‘lei tot skeiding’
JC van der Merwe (op die skerm, links) en Dionne van Reenen van die Instituut vir Versoening en Maatskap­like Geregtigheid aan die UV, tydens ’n gesprek op die Vrystaat Kunstefees. Ruda Landman (regs) het die gesprek gelei. Foto: Emile Hendricks

Bloemfontein. – Om ’n parallelmedium-instelling, soos die Universiteit van die Vrystaat (UV), te bestuur, dra by tot segregasie en verdeeldheid.

Dit is een van die punte wat JC van der Merwe en Dionne van Reenen, albei van die Insti­tuut vir Versoening en Maat­skap­­like Geregtigheid aan die UV, op ’n gesprek oor ­universi­teite op die Vrystaat Kunstefees bespreek het.

Ruda Landman het die ge­sprek op die UV-kampus gelei.

Die boek Transformation and Legitimation in Post-apartheid Universities, wat deur Van Ree­nen en Van der Merwe geskryf is, is gebruik om die gesprek te lei.

Van Reenen sê die huidige taalbeleid wat die UV onder meer volg, veroorsaak seg­re­gasie.

“ ’n Parallelmedium-stelsel bring mee dat mense op grond van kultuur, ras en taal geskei word. So gaan ons nie vorentoe ­beweeg nie. Mense gaan voel hulle gaan nie gelyk hanteer word in ’n parallelmedium-
stelsel nie.”

Sy sê die grootste probleem met ’n parallelmedium-stelsel is dat verskillende tale dikwels verskillende klasse, byvoorbeeld ’n klas in Afrikaans en ’n klas in Engels, moet hê.

“Dit skei mense. Daarom moet ons ’n stelsel en beleid kies wat inklusief vir almal is.”

Van der Merwe het benadruk dat ’n mens jouself aanhoudend moet vra wat jy uit transformasie kan kry.

“Gaan transformasie vir ons maatskaplike geregtigheid gee? Met 1994 het dit aan die lig gekom dat die stelsel maatskaplik onregverdig was. Mense was verdeeld, want daar was nie ’n inklusiewe stelsel nie.”

Oor Landman se opmerking dat alumni dalk sê die parallelmedium-stelsel het gewerk en die ander moet net inhaal, het Van Reenen gesê die idee van assimilasie is dat mense hulself moet verander om by die stelsel in te pas.

“Ons kan nie dit van mense verwag nie. Daarom moet ons die stelsel verander.”

Van der Merwe het gesê mense moet onthou hoekom studente universiteit toe kom.

“Mense kom hierheen om te studeer. Daarom is almal gelyk. Of jy nou ’n eerstejaar of ’n se­nior is. Almal het gelyke regte.”

’n Lid van die gehoor het ge­vra of alles van die verlede nou verwerp moet word.

“Was alles van die apartheidsjare dan verkeerd? Wie besluit dat die nuwe identiteit wat ons nou moet aanneem goed is?” het hy gevra.

Van Reenen het gesê dat daar wel goed van die verlede is wat mense vandag saam kan neem.

“Maar ons moet steeds vorentoe kyk en in gedagte hou waar ons was en waarheen ons op pad is.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.