Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Uitslag van Bishops-verslag vir eers teruggehou

“Ek glo nie daar is bewyse dat Fiona ’n misdaad gepleeg het nie, en daarom is daar geen grondslag vir enige strafregtelike klag nie.”

Fiona Viotti

So sê William Booth, die prokureur van Fiona Viotti (30) wat aangekla word van seksuele wangedrag met skoolseuns van die Bishops-seunskool in Rondebosch.

Booth het Maandag gesê sover sy kennis strek is daar tans geen bewyse dat strafregtelike klagte teen Viotti gelê sal word nie.

“Die ondersoek is afgehandel en ons wag op die uitslag daarvan,” sê hy.

Hy voeg by dat sy steeds berading ontvang nadat die beweerde onvanpaste verhoudings op die lappe gekom het. Sy was ook vir ’n tyd in ’n kliniek opgeneem. 

Die uitslag van die ondersoek deur die skool oor die beweerde seksuele wangedrag sal eers vroeg in Desember bekend gemaak word.

Dit is volgens die skool, wat Maandag ’n verklaring uitgereik het oor die seksskandaal waarby Viotti betrek word. Sy is ’n voormalige Mej. SA-semifinalis en model, en het waterpolo by die skool afgerig en geskiedenis onderrig.

“Ons het die verslag ontvang van die onafhanklike ondersoek en die skool oorweeg tans die bevindings en aanbevelings,” lui die verklaring. 

Omdat die leerlinge nog hul matriekeindeksamen aflê, het die skool besluit om eers ná die eksamen die bevindinge bekend te maak. 

Netwerk24 het vroeër berig dat twee van die vyf seuns wat na bewering deur die wangedrag geraak is, nog vanjaar in matriek is. Nog een is ’n gr. 11-leerling en twee ander is reeds klaar met skool.

“Ons wil nie hê die seuns se aandag moet afgelei word terwyl hulle besig is met hul eindeksamens nie. ’n Openbare verklaring sal ná die tyd uitgereik word.”

Omdat die leerlinge nog hul matriekeindeksamen aflê, het die skool besluit om eers ná die eksamen die bevindinge bekend te maak.

Vroeër is berig een van die voormalige leerlinge is glo al pa en woon nou oorsee. Die ander oudleerling is ’n student aan een van Kaapstad se universiteite.

Die skool wou nie sê of daar ’n moontlikheid is dat strafregtelike klagte aanhangig gemaak gaan word nie. Die ondersoek is deur prokureurs en senior advokate wat deur die skool aangestel is, gedoen. 

Viotti, wie se pa ’n koshuishoof en geskiedenisonderwyser by die skool is, het onmiddellik by die skool bedank nadat die bewerings aan die lig gekom het.

Sy het glo ’n verhouding met ’n matriekseun (18) gehad en die verhouding het glo versuur toe hy dit wou beëindig. Eksplisiete video’s van Viotti, wat verlede jaar getroud is, het ook die ronde op sosiale netwerke soos WhatsApp gedoen en dieselfde video’s is op talle pornografie-webtuistes gelaai.

Minstens twee van die video’s was Maandag steeds aanlyn en een is al meer as 12 500 keer gekyk, en die ander een 7 300 keer. Die video’s is onderskeidelik 29 en 34 sekondes lank.

Daar is ook minstens drie Facebook-blaaie ter ondersteuning van Viotti, waarvan een bykans 280 lede het.

* Die berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.