Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Uitsprake oor US-raad ‘skok, verbaas’
George Steyn

George Steyn, voorsitter van die Universiteit Stellenbosch se raad, het sy skok en verbasing uitgespreek oor die uitsprake van sekere raadslede wat die raad se integriteit in twyfel trek.

“Ek aanvaar dit nie en is verstom dat Johan Theron die uitspraak en bevinding maak dat raadslede ‘oneerbaar’ is, ‘oneerlike’ argumente voer en ‘wanvoorstellings’ maak. Dit verbaas my dat hy met ’n breë kam so ’n mening kan uitspreek oor mederaadslede met wie hy verskil. In ’n dinamiese omgewing soos dié van die US en die breër gemeenskap mag en behoort standpunte en menings te skuif en behoort raadslede mekaar se standpunte en menings te respekteer.”

Nadat Theron en nog vyf lede Woensdag uit die raadsvergadering gestap het, het hy gesê dit was ’n pynlike proses om toe te kyk hoe ’n akademiese taal doodgewurg word met oneerlike argumente en wanvoorstellings.

“Theron se uitsprake is gegrond op sy eie standpunt en interpretasie van die US se nuwe taalbeleid,” sê Steyn. “Ek en ’n groot meerderheid van die raad deel nie sy siening hieroor nie. In die nuwe beleid verskuif die klem van ’n taalaanbod in minute gemeet na toegang tot akademiese kennis vir studente wat verkies om in Afrikaans of Engels te studeer. Die raad steun die nuwe beleid wat toegang en meertaligheid vir beide taalgroepe verbreed. Boonop word sterk toesig- en beheerbepalings in die nuwe taalbeleid aan die raad verleen.” – Alet Janse van Rensburg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.