Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
UK se studiegeld styg met 8%

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het Vrydag ’n verhoging van 8% vir studiegeld in 2018 se akademiese jaar aangekondig.

Hy het bygevoeg dat studente wat uit huishoudings met ’n inkomste van minder as R600 000 per jaar kom, grootliks beskerm sal word.

Daar word verwag dat spyseniering vir koshuis- en verblyfkoste met onderskeidelik 12% en 10% sal styg.

Die verhoging van koshuisgeld is bedoel om die koste van die uitbreiding van koshuiskapasiteit te dek, terwyl die koste van spyseniering in koshuise toegeneem het as gevolg van inkontraktering en die verhoogde koste van arbeid.

Die besluit is op 9 Desember deur die universiteitsraad geneem, maar die instelling het luidens ’n verklaring op duidelikheid oor die finansieringsbeleid van die departement van hoër onderwys en opleiding gewag voordat die finale aankondiging gedoen is.

Pres. Jacob Zuma het gratis onderwys vir studente voor die ANC se 54ste nasionale leiersverkiesingskonferensie aangekondig, maar hy het nie ’n inwerkingstellingsplan gegee nie.

Meer oor:  Uk  |  Verhoog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.