Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
UK-studente ly honger, kry glo verrotte kos

Studente aan die Universiteit van Kaapstad (UK) het nie net vir dae honger gely nadat hulle sonder kos gelaat is nie, maar talle van hulle is glo verrotte kos bedien terwyl sommige in die hospitaal opgeneem is.

Dié studente wat in die UK se selfsorg-studenteakkommodasie woon, moes vir ’n verpligte tien dae in isolasie bly nadat hulle na die universiteit teruggekeer het.

Dit is glo waar hulle sonder kos gelaat is en honger gely het, terwyl van die studente verrotte kos bedien is.

UK
Studente staan Donderdag by die spysenieringskantoor op die laer kampus by die Universiteit van Kaapstad (UK). Foto: Verskaf

Mila Zibi, medevoorsitter van die koshuisraad, het aan News24 gesê dié situasie duur nou al vir twee weke.

“Die situasie het so erg geraak dat sommige van die studente hospitaal toe geneem is. Van die studente is vrot kos bedien, terwyl ander niks ontvang het nie.”

’n Groep studente het Donderdag op die UK se laer kampus by die spysenieringskantoor betoog, met die studenteraad (SR) wat gesê het hy is bewus van die situasie.

Die SR sê hy het aksie teen die universiteitsbestuur geneem oor die voedseltekort by die meeste van die selfsorgkoshuise, en sê hy sal nie duld dat studente honger moet ly nie.

Die studenteraad het dié nalatigheid op die universiteitsbestuur geblameer en sê die studente bevind hulself in hierdie situasie weens “operasionale arrogansie”, en sê die SR se insette wat met die beplanning van die studente se terugkeer gemaak is, is misken.

Die SR het tot laat Donderdagaand vergader en ’n oplossing gevind.

Daar word verwag dat eetbewyse aan selfsorgkoshuise voorsien moet word en koshuise moet gehalte-kospakkies ontvang. Benewens noodmaaltydbewyse, is kospakkies beskikbaar vir selfsorgkoshuise.

Elijah Moholola, woordvoerder van die UK, het aan News24 gesê die UK is spyt oor wat gebeur het.

“Die universiteit het daaraan gewerk om dit so dringend as moontlik aan te pak, en nuwe maatreëls is in plek gestel. Die maatreëls het vanaf Vrydag in werking getree,” het Moholola gesê.

Hy sê die maatreëls is moontlik gemaak nadat die land na vlak 1 van die nasionale staat van inperking geskuif is.

“Die UK het opgemerk dat ’n groep studente op Donderdag 4 Maart op die laer kampus bymekaargekom het om hul ontevredenheid oor die kwarantynmaaltye uit te spreek. Die universiteit is altyd daartoe verbind om met studente oor alle kwessies in gesprek te tree en dit so vinnig en vriendelik moontlik op te los. ”

https://www.news24.com/news24/SouthAfrica/News/uct-students-in-quarantine-being-served-rotten-food-and-going-hungry-20210305

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Kaapstad  |  Universiteit Kaapstad  |  Kos  |  Honger  |  Uk  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.