Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
UK studenteraad meestal EFF-lede

Die meeste studente in die nuwe studenteraad van die Universiteit van Kaapstad (UK) is by die EFF se studentetak geaffilieer.

Dit is die indruk volgens voorlopige uitslae van die verkiesing wat van 23 tot 27 September by die UK gehou is. Hoewel tien van die 15 lede aan die EFF verbonde is, is die persoon met die meeste stemme nie polities geaffilieerd nie.

Die kampus van die Universiteit van Kaapstad.Foto: Argief

Zinhle Geluk, die student met die meeste stemme, het volgens die voorlopige uitslae 1 933 stemme op haar verenig. Sy word gevolg deur vyf lede van die EFF: Asemahle Ntumntum (1 730), Lance-Selae August (1 687), Zinhle Hinana (1 498), Aseza Matikane (1 474) en Asisipho Fente (1 393).

Ook vier lede van die Suid-Afrikaanse Studentekongres (Sasco) is tot die raad verkies. Van die onsuksesvolle kandidate is van die DA se studenteorganisasie en van Sasco.

Die UK sê in ’n verklaring die resultate is voorlopig omdat die finalisering daarvan onderhewig is aan die indiening van kandidate se veldtogbestuursverslae; die afhandeling en oplossing van klagtes wat reeds ontvang is; en indien die hoofverkiesingsbeampte geen skriftelike beswaar ontvang het nie.

Altesaam 4 922 stemme is uitgebring (teenoor 6 505 verlede jaar), waarvan 2 746 aanlyn stemme was en 2 176 op papier. Net 19,3% van die UK-studente het gestem.

“Die EFF-studentetak by die UK wil graag alle studente bedank dat hulle die kampus teen anti-revolusionêre magte beskerm het deur die EFF weer hul SR-keuse te maak,” lui ’n verklaring op hul Facebook-blad.

“Demokratiese prosesse het weer bewys dat daar geen ander tuiste vir studente behalwe die EFF is nie. Dit is ons verantwoordelikheid om voort te gaan om die belange van die studentebevolking te bepleit en te bevorder.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.