Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
UK waarsku publiek teen ‘bedrogspul’

Die Universiteit van Kaapstad (UK) waarsku die publiek om bedag te wees op ’n oënskynlike bedrogspul met ’n konferensie op die kampus.

Die UK is in kennis gestel van ’n bedrogspul wat ’n “Food Security & Hunger”-konferensie adverteer wat aanvanklik glo van 20 tot 22 Februarie op die kampus sou plaasvind.

Die Universiteit van Kaapstad se kampus.Foto: Jaco Marais

Dié konferensie word aanlyn geadverteer en die UK is aanvanklik as die vergaderplek genoem. Nadat die UK die organiseerders van die konferensie gekontak het, het hulle die vergaderplek na ’n ander plek in Kaapstad verskuif. Die universiteit het egter ook met hierdie “nuwe” vergaderplek kontak gemaak en hulle was ook nie bewus van so ’n konferensie wat sal plaasvind nie.

Elijah Moholola, senior bestuurder van die UK se mediaspan, sê dié konferensie hou nie verband met die universiteit nie.

Die UK doen ook ’n beroep op die publiek en die universiteitsgemeenskap om hulle eers van die feite te vergewis voordat hulle enige uitnodigings aanvaar of betalings doen.

Dinge waarvoor die publiek op die uitkyk moet wees, is:

* Het jy al van die organiseerders van die konferensie gehoor?

* Het die konferensie bekende sprekers, borge en ander vennote/belanghebbendes?

* Is die webwerf duidelik? Dit moet maklik wees om datums, die plek, toegangsgeld, ander sprekers, programbesonderhede en kontakbesonderhede te vind.

* Is die organiseerders volgens die gegewe kontakbesonderhede maklik bereikbaar?

* Is die registrasiegeld hoog en die versoek om geld verdag?

* Word betaling gedoen deur ’n erkende en naspeurbare modus?

Enige verdagte uitnodigings vir konferensies moet by die Kampus-beskermingsdienste by 021 650 2222 aangemeld word. Die publiek kan ook na die webtuiste van die universiteit se Konferensie-bestuursentrum by cmc@uct.ac.za gaan vir die verifiëring van enige konferensies op die kampus.

Alle organiseerders van konferensies wat op die UK-perseel plaasvind, moet as deel van die aansoekproses ’n vorm voltooi om ’n akademiese geleentheid op die kampus aan te bied. Dié dokument word dan aan die konferensie-bestuursentrum gestuur, wat die gebeure op die kampus monitor.

Die universiteit doen ’n beroep op alle sprekers en deelnemers wat op enige manier deur hierdie oënskynlike bedrogspul geraak is, om die aangeleentheid by die Kampus-beskermingsdienste en die polisie aan te meld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.