Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
UKZN spog met vyf van die slimste dokters
Dr. Preyanka Pillay saam met prof. Rob Slotow en prof. Musa Mabandla, die universiteit se dekaan van laboratoriumgeneeskunde en mediese wetenskappe.

Die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Nelson R. Mandela-skool vir geneeskunde het vir die eerste keer in sy geskiedenis vyf studente wat met die hoogste lof (summa cum laude) gradueer.

’n Verdere 18 het met lof (cum laude) geslaag.

Dit universiteit se topstudent was dr. Preyanka Pillay, wat ook die universiteit se YK Seedat-prys ingepalm en ander pryse in dermatologie en pediatrie by die jaarlikse kollege vir gesondheidswetenskappe se prysuitdeling ontvang het.

Pillay sê haar resep vir sukses is om nooit op te gee nie, hard te werk, jou voete op die grond te hou en te onthou jy is besig om jou eie wedloop te hardloop. Sy sê ’n mens moet in jouself glo om jou drome te bereik.

Die werklikheid is hoe harder jy vir iets werk, hoe groter is die gevoel van prestasie wanneer jy uiteindelik jou doelwit bereik
Dr. Preyanka Pillay, topstudent

“Die werklikheid is hoe harder jy vir iets werk, hoe groter is die gevoel van prestasie wanneer jy uiteindelik jou doelwit bereik,” het Pillay, wat van Pietermaritzburg kom, gesê.

“Ek het nog altyd vir uitnemendheid gemik in die hoop dat sukses sal volg.

“My familie is uiters trots en baie gelukkig dat ek my doelwitte bereik het,” sê Pillay, wat tans haar internskap van twee jaar by ’n hospitaal in Pietermaritzburg doen.

“Hierdie uitslae het my ’n gevoel van vervulling gegee en maak al die harde werk en opofferings die moeite werd, en ek is baie dankbaar aan my familie vir al hul liefde en ondersteuning.”

Pillay sê sy het nog nie besluit in watter rigting om te spesialiseer nie, maar sal graag betrokke wil raak by navorsing rondom die integrasie van medisyne om sodoende te help om by te dra tot innovasie in die geneeskunde.

Prof. Rob Slotow, adjunkvisekanselier en hoof van die kollege vir gesondheidswetenskappe, het Pillay met haar prestasie gelukgewens.

“Uitnemendheid in die gesondheidswetenskappe is ’n merkwaardige prestasie gegewe dat jou studieveld ’n impak op lewens het,” het Slotow gesê.

Volgens hom word nuwe deurbrake en die vooruitgang van die menslike toestand veral gedryf deur diegene wat in hierdie veld presteer.

Meer oor:  Met  |  Dokters  |  Vyf  |  Ukzn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.