Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Unisa: ‘Dis alles virus se skuld’

Unisa gee Covid-19 en die inperking al die skuld vir studente se klagtes oor die administratiewe chaos by dié universiteit.

Talle studente kla oor eksamendatums wat vervroeg is en sê hulle het nie genoeg tyd om daarvoor voor te berei nie.

Unisa sê hy het geen keuse gehad nie, want die assessering moet weens die epidemie aanlyn gedoen word. “Die verandering is nodig omdat die aanlyn assesseringsmetode radikaal anders is,” sê die universiteit.

Die vorige rooster was glo nooit veronderstel om ’n finale een te wees nie. Die aangepaste rooster is finaal, aldus Unisa.

“Hou in gedagte dat die universiteit die aanlyn prosesse ingestel het om studente in staat te stel om hul studie gedurende 2020 te voltooi. Die alternatief sou wees om alle assesserings uit te stel tot nadat die pandemie verdwyn het,” sê ’n woordvoerder.

Wat studente se klagtes oor studiemateriaal, laat uitslae van die eerste semester en slegte kommunikasie betref, sê Unisa dit is alles probleme wat deur die pandemie en die inperking veroorsaak is. Personeel wat nie op die kampus werk nie weens die inperking is een van die faktore wat daartoe bygedra het dat eksamenuitslae laat gelewer is, sê Unisa.

Volgens die universiteit het hy sy bedrywighede einde Julie hervat teen net ’n derde van sy kapasiteit. Eers op vlak 1 kon die universiteit weer volstoom daaraan werk om studiemateriaal saam te stel. Dit het gelei tot ’n agterstand van ongeveer 358 000 studiepakkies wat eers vandeesmaand uitgewis is.

Unisa sê studente moet in gedagte hou dat die pandemie en inperking al die universiteit se strukture geraak het.

“Die protokolle vir die terugkeer na die kantoor is in ooreenstemming met die Covid-19-regulasies en nie al die personeel is of was terug op die kampus nie.

“Personeel werk van buite die kampus,” sê Unisa.

Meer oor:  Unisa  |  Studente  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.