Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Unisa was verkeerd oor taalbeleid’

Unisa het nie die regte prosedure gevolg toe die besluit geneem is om vanaf 2016 ’n Engels-medium-taalbeleid te aanvaar nie. Die universiteit het boonop nie wyd genoeg gekonsulteer of die behoeftes van derduisende Afrikaanse studente in ag geneem wat wel in Afrikaans wil studeer nie.

So voer AfriForum aan in die aansoek om verlof tot appèl wat verlede maand by die hooggeregshof in Pretoria ingedien is.

Verlof tot appèl is toegestaan.

Dit volg nadat die hof op 26 April in Unisa se guns beslis het.

In hofstukke vra AfriForum of dit regverdig is om Afrikaanse studente die keuse te ontsê om in hul moedertaal onderrig te word, net omdat ander Afrikatale nie tot op akademiese vlak ontwikkel het nie.

Die senaat het nooit gestem om ’n tweederde-meerderheid te bepaal nie.

Die universiteit het aanvanklik aangevoer dat dit indruis teen die grondwetlike reg van ander studente indien onderrig in Afrikaans plaasvind aan Unisa.

AfriForum sê egter Unisa het nooit hierdie punt bewys nie.

“Inligting of navorsing wat bewys dit is nie prakties of redelik uitvoerbaar om onderrig in Afrikaans aan te bied nie, is ook nooit as deel van die besluitnemingsproses deur die senaat oorweeg nie,” lui hofstukke.

AfriForum beweer 30 000 Unisa-studente verkies om in Afrikaans te studeer.

“Hoewel dit die minderheid uitmaak, is dit steeds ’n groot aantal studente en kan hul behoeftes nie net geïgnoreer word nie.”

Hy voer verder aan dat Unisa se senaat nie die regte prosedures gevolg het toe besluit is dat Engels die primêre taal van onderrig sou wees nie. “Ten spyte daarvan dat van die lede van die senaat beswaar aangeteken het teen die nuwe konseptaalbeleid, het die senaat nooit gestem om te bepaal of ’n tweederde-meerderheid die nuwe konseptaalbeleid steun nie. Die hof het dus ’n fout begaan deur nie te bevind dat die senaat sy eie reëls verontagsaam het nie.”

Martin Ramotshela, Unisa-woordvoerder, sê die universiteit sal die appèl teenstaan en glo steeds hy het reg opgetree deur die taalbeleid te verander.

Meer oor:  Afriforrum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.