Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Universiteite-geldkrisis: Etienne van Heerden tree af
Die Afrikaanse skrywer Etienne van Heerden.

Die Afrikaanse skrywer Etienne van Heerden is een van die eerste akademici by die Universiteit van Kaapstad (UK) wat ’n vrywillige pakket aanvaar het om vroeg af te tree.

Die UK het in Maart vanjaar bekend gemaak hy begin om akademici bo ’n sekere ouderdom die keuse van vroeë aftrede te gee.

Dit is deel van stappe om die universiteit lewensvatbaar te hou terwyl ’n “groeiende probleem” met finansiering reeds “kritieke afmetings” aangeneem het.

Van Heerden het Maandag op sy Facebookblad geskryf hy het deeglik daaroor nagedink en besluit om aansoek te doen om ’n pakket te neem.

“Ek het vandag gehoor my aansoek is goedgekeur,” het hy geskryf. “So, 31 Desember 2016 sal my laaste dag by die UK wees. Ek sal al die jare se betrokkenheid by studente met dankbaarheid onthou, maar dit is nou tyd om die wind te drink, soos die San van my hartland, die Karoo, gesê het. My beste wense gaan aan diegene wat die vakgroep Afrikaans en Neerlandistiek aan die UK verder gaan neem.”

Van Heerden het as Hofmeyr-professor in die UK se Skool vir Tale en Letterkunde gedoseer, waar hy meestal met nagraadse studente gewerk het.

Dr. Max Price, UK-rektor, het in Mei gesê die personeel maak die grootste deel van die UK se begroting van R2,6 miljard uit. Sowat 80% van die universiteit se besparings moet uit die personeelrekening kom en 20% uit die bedryfsbegroting..

Meer oor:  Uk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.