Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
US bekyk steeds nie amptelik #persgesig
Poekie Briedenhann

Meer as twee weke nadat die rektor van die Universiteit Stellenbosch plegtig beloof het hy gaan ’n “onafhanklike kommissaris” aanstel om die persgesigvoorval te ondersoek, is dié ondersoeker steeds nie aangestel nie.

Martin Viljoen, universiteitswoordvoerder, het eergister gesê dié aanstelling behoort binne die volgende week gedoen te word.

Die universiteit is uit verskeie oorde gekritiseer oor sy hantering van die voorval waarin twee studente van “blackface” beskuldig is.

Die meisies sê egter hulle het universiteitsamptenare – onder wie Mathew Smorenburg van die universiteit se Sentrum vir Studentegemeenskappe – dadelik meegedeel dat hulle hulle pers geverf het vir ’n partytjie met ’n ruimte-tema, maar dat Smorenburg hulle steeds gedwing het om ’n vernederende verskoning op hul Facebookblad te publiseer.

Prof. Wim de Villiers, US-rektor, het sedertdien sy spyt uitgespreek oor die trauma wat die voorval by die twee studente, hul ouers, ander studente en personeellede veroorsaak het.

In dieselfde verklaring het hy beloof om ’n onafhanklike kommissaris aan te stel om al die bewerings te ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.