Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
US gee nie bes oor AfriForum se taaleis

Die Universiteit Stellenbosch (US) sal waarskynlik ondanks dreigende regstappe nie sy regs- en ingenieursfakulteite se besluit om klasse hoofsaaklik in Engels aan te bied, omkeer nie.

Volgens Hein Gonzales, woordvoerder van AfriForum-jeu, het hulle Woensdag ’n brief van die universiteit ontvang waaruit dit blyk dat die universiteitsbestuur die twee fakulteitsrade se besluit steun.

Die US meen glo daar is nie genoegsame rede vir AfriForum-jeug om ’n hofinterdik te kry om die gebruik van Afrikaans in klasse af te dwing nie.

AfriForum meen volgens Gonzales dat die US se reaksie op hul eis dat Afrikaans se plek in klasse gewaarborg word, nie bevredigend is nie.

“Ons regspan het reeds ’n brief aan die universiteit teruggestuur waarin ons te kenne gee dat ons voortgaan met die finale stappe om ’n interdik te bekom,” het Gonzales gesê. “Ons hoop om dit teen die einde van die week of vroeg volgende week op die universiteit te beteken.”

George Steyn, voorsitter van die US-raad, het Donderdag gesê gesprekke duur voort en hy sal waarskynlik deur die loop van die dag ’n verklaring daaroor uitreik.

Navrae aan die US se woordvoerder, Martin Viljoen, is die afgelope drie dae nie beantwoord nie.

Die US se bestuur het na wat verneem word Dinsdag reeds oor onder meer die regs- en ingenieursfakulteite se implementering van die taalbeleid vergader.

Die twee fakulteite het onderskeidelik vroeër te kenne gegee dat klasse vanjaar hoofsaaklik in Engels sal geskied, terwyl tutoriale, studiemateriaal en bykomende hulp in Afrikaans beskikbaar sal wees.

AfriForum-jeug het die afgelope Vrydag ’n brief aan die US geskryf waarin hulle sê dat dié besluit strydig is met taalbeleid wat die universiteitsraad in November verlede jaar aanvaar het.

“Ons soek net ’n waarborg dat Afrikaans op kampus beskerm sal word, maar ons het nou verneem dat selfs die tolkdienste wat klasse van Engels na Afrikaans moet tolk, nie werk nie,” het Gonzales gesê. “Ons het dus nie ’n keuse as om met regstappe voort te gaan nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.