Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
US gee rassistiese profiel onder sy naam aan by TikTok

Die Universiteit Stellenbosch (US) het Maandagaand ’n TikTok-rekening waarin die universiteit se logo en naam “wederregtelik saam met rassistiese beledigings gebruik word”, veroordeel en hom van die profiel gedistansieer.

Prof. Hester C. Klopper, viserektor: strategie en internasionalisering aan die US, het Maandag in ’n verklaring gesê die universiteit is besig om strafregtelike klagte aanhangig te maak en het die vals profiel en plasings dadelik onder TikTok se aandag gebring.

’n Skermgreep van die vals TikTok-profiel van die Universiteit Stellenbosch (US) waarop video’s met rassistiese kommentaar geplaas is. Die US, wat geen amptelike profiel op TikTok het nie, het die profiel veroordeel. Foto: Verskaf

TikTok is ’n sosiale-media-platform wat besit word deur die Chinese maatskappy ByteDance, waarop gebruikers kort video’s kan plaas. Die video’s se lengte is tussen 15 sekondes en een minuut. Gebruikers kan ’n inkomste verdien as ’n video gewild is, en gevolglik word daar gereeld vals rekeninge geskep in ’n poging om geld te maak.

Die US het nie ’n amptelike profiel op TikTok nie, en is nie op die platform aktief nie, het die universiteit Maandag bevestig.

Die vals rekening het rassistiese video’s geplaas met inskrywings in Engels soos: “Die k-woord het ons koor in ’n oerwoud verander” en “Die k-woord het probeer om ons universiteit af te brand.” Die eerste inskrywing was by ’n video van die universiteitskoor en die tweede inskrywing by ’n video van ’n brandende gebou.

"Rassisme is strydig met die waardes van die US en die kultuur van respek en menswaardigheid waarna die instelling streef."

Volgens Klopper is die rekening op Sondagaand 11 April 2021 onder die US se aandag gebring.

“Die US veroordeel hierdie dade ten sterkste. Nie die rekening of die rassistiese woorde en sentimente verteenwoordig die US nie. Die betrokke plasings is nie net afstootlik rassisties nie, maar dit is ook uiters vernederend en oneerbiedig teenoor ons studente, personeel en ander belangegroepe.”

Klopper sê die US veroordeel rassisme en die skending van menseregte.

“Rassisme is strydig met die waardes van die US en die kultuur van respek en menswaardigheid waarna die instelling streef. Dit is ook in stryd met die US se beleid oor onbillike diskriminasie en teistering.”


Meer oor:  Tiktok  |  Haatspraak  |  Universiteit Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.