Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
US kry groot skenking vir navorsing

Die Universiteit Stellenbosch het onlangs ’n groot skenking van die Suid-Afrikaanse Vleisverwerkersvereniging (Sampa) vir navorsing gekry.

Lede van die US se sentrum vir voedselveiligheid saam met die rektor, prof. Wim de Villiers, Peter Gordon, uitvoerende hoof van Sampa, en Andrew Cocks, president van Sampa. Foto: Verskaf

Sampa het R1 miljoen aan die US se Sentrum vir Voedselveiligheid geskenk om projekte oor voedselveiligheid te ondersteun.

“Dis is ’n groot verantwoordelikheid om te sorg dat kos veilig is om te eet. Daarvoor het die bedryf effektiewe regulering, kapasiteit en deursigtigheid nodig,” sê die voedselmikrobioloog prof. Pieter Gouws, direkteur van die US se sentrum vir voedselveiligheid.

“Die gesamentlike benadering wat deur die Universiteit Stellenbosch se sentrum vir voedselveiligheid gevolg word, is daarop gemik om die nodige stelsels in Suid-Afrika te versterk en sodoende verbruikers te beskerm.”

Die sentrum is in November 2018 gestig en is die enigste van sy soort in die land. Dit fokus op praktiese navorsing oor voedselveiligheid op grondvlak en kyk na sake wat verband hou met voedselbeveiliging of -verwerking.

“Vir Sampa is dit uiters belangrik dat Suid-Afrika se voedselbestuurstelsel verbeter,” sê Andrew Cocks, Sampa se president.

Prof. Wim de Villiers, US-rektor en visekanselier, het Sampa bedank vir die skenking.

Meer oor:  Universiteit Stellenbosch  |  Onderwys  |  Skenking  |  Navorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.