Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
US-opedag vanjaar vir eerste keer aanlyn

Hoewel die Covid-19-pandemie die normale gang van gebeure drasties beïnvloed het, het die Universiteit Stellenbosch (US) besluit dit gaan hom nie keer om voornemende studente te werf nie.

Die US het Maandagmiddag bekend gemaak dat sy opedag vanjaar vir die eerste keer aanlyn aangebied gaan word.

Die opedag vind op 17 April tussen 09:00 en 14:00 plaas.

’n Groep Maties-studente met vanjaar se Droom-optog. Foto: Stefan Els

Michelle Swart, bemarkings- en mediabeampte van die US se Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies, sê die opedag beloof om weer eens die ideale geleentheid vir matrieks te wees om nuttige inligting oor studiegeleenthede, finansiële hulp, huisvesting en die Matie-studentelewe te bekom.

“Die opedag-webtuiste bestaan uit virtuele stalletjies waar leerlinge en ouers inligtingsessies kan bywoon, brosjures en dokumente kan aflaai en met ’n adviseur kan gesels,” sê Swart.

Belangrike inligting, soos oor die aansoekproses, finansieringsopsies, loopbaanadvies en studentebystand, word ook gedeel, asook inligting oor studente met spesiale leerbehoeftes.

Leerlinge word versoek om vooraf op die US se webtuiste vir die opedag te registreer, aangesien belangrike inligting uitgestuur word.

“Mense hoef nie bekommerd te wees indien hulle nie die dag kan bywoon nie. Die webtuiste, met al die uitstallings en inligtingsessies, sal tot 31 Julie beskikbaar wees,” sê Swart.

Meer oor:  Maties  |  Universiteit Stellenbosch  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.