Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
US-raad 'n 'white boys'club' sê Open Stellenbosch
Argieffoto ter illustrasie.

Open Stellenbosch het Dinsdag beloof om nie te rus voordat die Universiteit Stellenbosch (US) se raad ontbind óf ’n nuwe taalbeleid aanvaar nie.

Majeletje Mathume, ’n woordvoerder vir dié studenteorganisasie, het in reaksie op die raad se aanvaarding van ’n mosie – dat Afrikaans en Engels op gelyke voet aan die US sal bly – gesê dit is duidelik die raad is ’n “white boys’ club” met ’n apartheidsagenda.

“Ons het die besluit tot ’n mate verwag,” het hy gesê. “Die raad is nie verteenwoordigend van die land nie en sy uitgangspunt is een van uitsluiting gegrond op ’n apartheidsideologie waarvolgens slegs ’n klein groepe wit mense bevoorreg word.”

Mathume het gesê selfs al is die beleid in lyn met die Grondwet en is die uitbreiding van die Engelse aanbod ’n effense verbetering, is dit irrelevant as studente op ’n praktiese vlak steeds uitgesluit voel.

“Ons het ’n baie beter taalbeleid opgestel waarop hulle kon verbeter as hulle wou, maar die huidige beleid is problematies,” het hy gesê.

Die Maties-studenteraad het in ’n verklaring gesê hy is uiters bekommerd oor die sentimente wat duidelik uit die raad se mosie blyk.

“Ons is bekommerd dat die mosie beteken daar sal geen verandering wat betref taal by die US wees nie, wat eindelik daartoe sal lei dat baie studente op kampus uitgesluit sal bly,” lui die verklaring.

“Net soos die raad glo ons in ’n werklik inklusiewe kampus. Anders as die raad, glo ons nie die huidige taalbeleid bevorder so ’n omgewing nie. Ons het meer van die raad verwag. Ons het verwag hy sal innoverende planne vir die taalbeleid by die US opstel wat ware leierskap toon, maar ongelukkig het die raad besluit om by die status quo te bly.”

Morné Mostert, nasionale verteenwoordiger van AfriForum Jeug, het gesê hulle dink die raad se besluit was regverdig.

“Dit is verblydend om te sien die raad is bereid om vir sy beleid te baklei,” het hy gesê.

“Ons beskou dit beslis as ’n oorwinning en ek dink dis wat almal wou hoor. Ons kan nie dat ’n klein minderheid die algehele beleid van ’n kampus bepaal nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.