Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
US skort lesings op, stuur koshuisstudente huis toe

Die Universiteit Stellenbosch (US) het sy lesings van Dinsdag af opgeskort en koshuisinwoners gevra om te ontruim nadat ’n ramptoestand Sondag weens Covid-19 afgekondig is.

Prof. Wim de Villiers, rektor, sê in ’n verklaring dat studente op die Stellenbosch-kampus se kwartaal Dinsdag eindig.

Prof. Wim de Villiers

Studente op die Tygerberg-kampus sal nog reëlings van die dekaan se kantoor af ontvang.

“Alle studente in universiteitsverblyf word versoek om te ontruim en vir die vakansie huis toe te gaan. Studente wat nie kan ontruim nie, sal in ander koshuise gehuisves word.”

De Villiers sê maatreëls sal ingestel word om die oordrag van die koronavirus te bekamp en voorsiening sal gemaak word om mense in afsondering te plaas waar nodig. Studente wat in koshuise bly, sal die voorgeskrewe higiëne- en ander protokols moet volg.

Nagraadse studente moet met hul studieleiers praat om reëlings te tref en moet so ver moontlik weg van die kampus af werk. Navorsing behoort voortgesit te word waar moontlik.

Studente wat die Maart- en April-gradeplegtigheid sou bywoon, sal hul grade in absentia ontvang en die geleentheid hê om die gradeplegtighede in Desember by te woon.

“Hoewel die sluiting van ’n universiteit net aanbeveel word indien ’n paar gevalle van die koronavirus bevestig is, het die US besluit om die reses te begin al het ons nog geen bevestigde gevalle op ons kampusse nie.”

Volgens De Villiers is die belangrikste maatreëls vir openbare gesondheid om afstand tussen mense te behou en die verspreiding van die virus te beperk.

Noodsaaklike dienste op die kampus sal voortgaan en die US-bestuur en -personeel sal sake aan die gang hou om seker te maak dat die studente hul akademiese jaar voltooi.

“Ons het begrip daarvoor dat die nasionale en institusionele maatreëls, soos die vroeë sluiting van skole, ons studente en personeel raak. Ons het nog nie al die antwoorde nie, maar sal die situasie dophou en belanghebbers op die hoogte hou.”

Varsity Cup-wedstryde is ook weens die uitbreking van die virus gekanselleer en die inhuldiging van die kanselier op 8 April is uitgestel.

Meer oor:  Stellenbosch  |  Koronavirus  |  Covid-19-Virus  |  Studente  |  Onderwys  |  Kampus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.