Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
US taal: Afwyking van plan verval eersdaags

’n Tydelike afwyking van die Universiteit Stellenbosch (US) se taalplan wat bepaal dat nuwe leermateriaal nie in Afrikaans beskikbaar gestel hoef te word nie, verval ná die eerste semester.

Dié afwyking het bepaal dosente wat onder druk was weens die Covid-19-pandemie, mag nuwe leermateriaal slegs in Engels aanbied.

Die Rooiplein op die Stellenbosch-kampus. Foto: Argief

Die US-senaat het dié afwyking vroeër vanjaar bekragtig weens “die bykomende werklading wat deur die verskuiwing na meer aanlyn onderrig weens Covid-19 veroorsaak is”.

Die afwyking van die taalimplementeringsplan het net nuwe leermateriaal gegeld en dosente het steeds bestaande leermateriaal, wat reeds in Afrikaans beskikbaar is, aan die studente verskaf, sê die US.

Dosente het ook waar prakties moontlik hul Engelse podsendings in Afrikaans vertaal. Assesserings was ook soos gewoonlik in Afrikaans en Engels beskikbaar, sê die US.

Die eerste semester eindig op 24 Julie en die tweede semester begin op 10 Augustus.

Dié afwyking was die onderwerp van ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) deur die studenteorganisasie StudentePlein.

StudentePlein het gevra vir inligting en notules wat tot dié besluit gelei het, en was aanvanklik ontevrede oor die dokumente wat die universiteit oorhandig het.

Dit was byna in geheel gesensor. Nadat StudentePlein gedreig het om die hooggeregshof te nader vir meer volledige dokumente, het die US toegegee dat hy die sensorskap van die inligting sal heroorweeg.

Na dié heroorweging het die US ’n notule van die akademiese beplanningskomitee aan StudentePlein verskaf wat toon dat die komitee op 20 April 2020 reeds voorgestel het dat nuwe materiaal slegs in Engels aangebied word.

Die komiteelede se name is ook bekend gemaak. Hulle sluit in onder andere prof. Arnold Schoonwinkel, voormalige viserektor van leer en onderrig, prof. Eugene Cloete, viserektor vir navorsing, innovasie en nagraadse studies, dr. Ronel Retief, registrateur, en prof. Nico Koopman, viserektor van sosiale impak, transformasie en personeel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.